Dit gaan nie oor wat hulle aanhaal nie, maar wat hulle nie aanhaal nie.
Jy sal oplet dat oordrewe Calviniste altyd die Skrifte gebruik wat hulle oogpunt ondersteun.
(Die J.W.’s doen dieselfde ding en as ons nie versigtig is nie kan ons dieselfde doen.)
“Die Christus van Arminianisme is lief vir elke persoon in hierdie wêreld en Jesus begeer hulle almal se redding.” En hy gaan vêrder en sê dat die Christus van die Bybel nie so is nie; dit is net die uitverkorenes wat Hy onvoorwaardelik uitverkies het.
Kom ons kyk na ‘n paar verse wat nie aanhaal word nie. “Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.” (2 Pet. 3:9)
Daar was Calviniste wat probeer het om my te oortuig dat dit net vir “Christene” beteken.” Eerstens, al is hulle reg, of as dit “net Christene” beteken, hoe kan Christene verlore gaan onder die eenmaal gered altyd gered leer? (Hulle het my nog nie geantwoord nie) Maar dit sê verder:
“Maar die dag van die Here sal kom soos 'n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.”(2 Pet. 3:10)
Die konteks praat hier van die einde van die wêreld vir almal. Hy wens dat nie een verlore sal gaan nie. “Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het. (1 Tim. 6:12) Dit is iets wat begryp moet word. Dit is nie net iets wat “daar” is nie, dit is iets wat begryp moet word. En hy sê vêrder in Timotheus: Die Here sê Hy wil nie hê dat enige persoon Hel toe gaan nie, Hy verheug Hom as iemand tot redding kom. Maar wanneer Paulus daaroor skryf dan haal hy aan uit ’n hele paar Ou-Testamentiese kontekste en een daarvan is die Boek van Esegiël.