Die Herstel van Keuse
Wat Jesus doen met redding is om dit vir ons moontlik te maak om ’n keuse te maak wat ons andersins nie kon gedoen het nie. Hy herstel net genoeg van ons vrye wil om Hom te kies. Niemand kan God se Wil weerstaan nie en Sy wil is inderdaad dat alle mense gered moet word. Maar Sy Wil is ook vir ons om Sy kinders te wees en om Hom te kies uit ons eie wil.
Ons kan Hom nie uit ons vrye wil kies nie as gevolg van die Val, so, Hy “verkwik” ons- hy gee vir ons net genoeg lig. Daar is ’n balans: Wat Adam verloor het, het ons terug gekry in Christus. Calvinisme ontken dit. Ons het nie ons vrye keuse terug gekry nie. Wel, Jesus het vir my ’n vrye keuse gegee.
Om te beweer dat ek nie ’n keuse het om gered te word nie is dieselfde as om te sê ek het nie ’n keuse oor sonde nie. Natuurlik het ek ’n keuse oor sonde, ek het nie nodig om te sondig nie.
Ek mag dit miskien doen maar ek het nie nodig om te sondig nie. Redding is dieselfde.
God skenk my die genade, die krag, en die middele om Christus te kies wat ek nooit uit myself kon doen nie. Ek moet nog steeds reageer op die oproep.
Wanneer ek die Here Jesus aangeneem het, alhoewel ek uitgeput is en my kruis laat sak het, of moeg geword het om in die kanaal te swem, gaan ek nogtans nie die reddingsbaadjie uittrek nie. Ek gaan bly swem. Solank as wat ek die baadjie aan het is ek seker van my redding. “Niemand kan hulle uit My Hand ruk nie.” (Joh. 10:28)
Niemand vat daardie baadjie van my weg nie, maar EK kan dit self doen. Ek sal dit nie doen nie, ek sal eerder in die see verdrink met my baadjie aan, tenminste sal ek eendag na die oppervlak opgaan. Maar ek kan dit self uittrek, maar solank as wat ek die baadjie aan my het is ek verseker van ’n ewige versekering. Dit is wat Jesaja die mantel van geregtigheid noem. (Jes. 61:10).
Die Voorbeeld van Hebreërs
Kom ons kyk na Hebreërs wat vir gelowiges geskrywe was, spesifiek vir Joodse gelowiges waar daar ’n aanduiding was van ‘n afvalligheid weg van die geloof in Jesus Christus as die Messias en ’n terugkeer na onder die Wet.
Hierdie soort denke was meer die kenmerk van die briewe soos van die Galasiërs as wat dit Hebreërs was. In Galasië het hulle ’n vorm van Nominalisme bedryf. Hulle was nie regtig wetties soos dat hulle sou sê “gered deur die Wet nie”, maar meer dat hulle sou sê dat hulle gered is deur om die Wet te onderhou en om Jesus te dien. Maar ons word net deur Hom gered. Ons kan nooit deur werke gered word nie. Christene doen goeie werke omdat hulle gered is en nie om gered te word nie. Alhoewel, Hebreërs was geskryf aan die Joodse gelowiges en daar was ’n gevaar om op ’n manier terug te keer na Judaïsme maar nie op dieselfde wyse as die Galasiërs nie.
Ons gaan nou kyk na die teks in die oorspronklike Grieks en ’n Afrikaanse vertaling.
“Dio aphentes ton tes arches tom Christos logon epi ten telioteta pherometha en palon themelion kataballomenoi metanoias apo nekron epyon kai pisteos epi theo. Baptismon dedache epithesos to keiron anastasis te nekris kai krimatos aionion.”
“Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God, van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.” (Heb. 6:1-2)
So begin die skrywer van Hebreërs. Hy praat van mense wat gered is en hoe hulle hierdie spesifieke fondasie moet lê. Maar net hierna vertel hy hoe ons daarop moet bou.
Hy begin met die Griekse woord “Dio,” wat “vir / (For)” beteken. Dit is ’n manier om te verduidelik hoe hierdie dinge gebeur het. Hy sê:
“En dit sal ons doen as God dit toelaat. Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het--om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.” (Heb. 6:3-6)
Die woord “gan” (vers 4) beteken “vir.” Die Griekse gemoed is nie samevoegend of kondisioneel nie, maar dit impliseer die moontlikheid dat iets verkeerd kan gaan. Dit is nie ‘n samevoegende ding wat twyfelagtig is dat dit gaan gebeur nie, dit is kondisioneel, maar dan gaan dit verder.
“Dit is onmoontlik om hulle weer te vernuwe” “adenaton” (in vers 6). Ons kry dieselfde woord in Hebreërs 6:18, “God kan nie faal en die woord “adenaton” gebruik nie, dit is “onmoontlik.”
Dit word so onmoontlik vir hierdie mense om vernuwe te word dat dit sal beteken dat God vals sou wees as hulle dit kon regkry omdat dit dieselfde term is. God kan nie vals wees nie, maar net so kan hierdie soort mense nie vernuwe nie. Maar wat word hier gesê?