Inleiding:
Ons ontvang baie briewe by Moriel, baie is negatief maar vir elke negatiewe brief wat ons ontvang is daar ’n dosyn goeie briewe.
Baie briewe is van mense wat daarvan hou dat ons teen die Ekumeniese Beweging en verskeie ander misleiding optree. Dan is daar mense wat sê: “Maar jy lees nie die King James Bybel nie.” “Jy glo nie aan eenmaal gered altyd gered nie,”- “Jy het nie ‘n baie goeie siening van die Reformasie van die Hervormers nie.” Dit is dinge wat vir hulle ‘n probleem raak. Vir my, en vir die meeste van Moriel is dit nie ’n probleem nie. Ek het 'n K.J. Bybel en ek lees hom, dit is nie my enigste Bybel nie alhoewel ek verkies om die geïnspireerde Skrifte in die oorspronklike Hebreeus, Grieks en Aramees te lees en nie die vertalings nie. Ek beklemtoon altyd die belangrikheid van die oorspronklike tale, maar as jy van die K.J. hou, geen probleem.
Ek het nie ‘n probleem as mense sekere dinge anders sien as wat ek dit sien nie. Vir my is die doop van babas totaal onskriftuurlik, maar ek ken mense wat lief is vir die Here wat nie soos ek oor die saak voel nie. Ek is Pre-Millennium, ek verstaan nie hoe iemand wat die Skrifte uit ’n Hebreeuse perspektief lees iets anders as Pre- Millennium kan wees nie, maar ek ken mense wat dit nie so sien nie. Martin Loyd Jones het dit nie so gesien nie en hy was ‘n welbekende Bybel verklaarder en ondersoeker. Hierdie dinge is nie ’n probleem vir my nie net so lank die belangrike dinge van die geloof nie aangetas word nie.
Ek het al baie keer gesê, daar is vier dinge wat my laat afskei van iemand: Wanneer hulle ’n verdraaide beeld van die Here Jesus of die Drie-Eenheid van die Godheid het. Dinge soos onbekeerde immoraliteit, ’n ander manier van redding buite die riglyne van die Evangelie (Soos deur sakramente of iets soos dit). Of ’n Skriftuurlike gesag anders as die Skrifte. As dit nie een van hierdie vier dinge is nie dan kan ek gemeenskap met iemand hê. Ek kan met hulle saamwerk in die Evangelie. Maar baie mense sien dit nie so nie.
Die Christus van Arminianisme.
Ek het hier ’n brief wat iemand vir my gestuur het (Die Christus van Arminianisme) en ek kon dit nie glo dat dit deur iemand gestuur was wat normaalweg nogal van my hou.
“Arminianisme” beteken jy glo nie aan ’n onvoorwaardelike “eenmaal gered, altyd gered” verklaring nie, dat Jesus net vir sekere mense gesterf het en dat Hy bereid is om enige persoon te aanvaar. Dit is Arminianisme in ’n neutedop.
Hier is wat hulle vir my gestuur het.
“Die Christus van Arminianisme is lief vir elke enkele persoon in die wêreld en verlang dat almal gered moet word.”
Dit is waar. Ek glo dat Christus lief is vir elke persoon in die wêreld en dat Hy wil hê dat almal gered moet word. Die Christus van die Bybel begeer nie net die redding van diegene wat God onvoorwaardelik gekies het nie. Hulle haal die verse aan wat dit kan bevestig maar ignoreer die verse wat dit kan balanseer.
“Die Christus van Arminianisme sal redding vir elke sondaar aanbied en alles in Sy mag doen om hulle tot redding te bring.” Ek glo dit.
“Sy offer en werke is soms frustrerend omdat baie nie wil inkom nie.”
Ek glo dit en dit klink skriftuurlik.
“Maar die Christus van die Bybel roep uitsluitlik die Uitverkorenes na Hom en bring net hulle tot redding. Nie een van hulle sal verlore gaan nie.”
En, weereens, hy verwys net na die verse wat sy punt ondersteun maar nie die verse wat dit balanseer nie.
“Die Christus van Arminianisme kan nie ’n sondaar nuut maak en red as hy nie eers Christus uit sy vrye wil gekies en aanvaar het nie, ’n sondaar se eie vrye wil sal ook nie deur Christus aangetas word nie.”
In werklikheid glo ware Armianisme dit nie; ons glo ons kan Christus aanvaar, Hy moet egter vir ons die krag gee om dit te kan doen.
“Alhoewel, die Christus van die Bybel sal die uitverkorenes, afgesonder van hulle keuse, soewerein nuut maak.” Met ander woorde ons het nie ‘n keuse nie?
“Die Christus van Arminianisme het aan die kruis vir elke persoon gesterf en dit moontlik gemaak dat enige persoon gered kan word. Die Christus van die Bybel het net vir God se uitverkore mense gesterf.”
Met ander woorde, al die ander mense was geskape om verewig Hel toe te gaan deur ’n soortvan oor gerealiseerde soort voorbeskikking. Die Bybel leer sekerlik dat God alle dinge vir ’n doel geskape het, ook die bose vir die dag van oordeel, maar Hy sal graag wou hê dat almal gered word.
“Die Christus van Arminianisme verloor baie wat Hy gered het.”
Jesus sê baie sal verlore gaan. (Mat. 24:10) En al gee Hy ‘n ewige sekuriteit soos wat sommige sê, is dit nie noodwendig gebaseer op Sy wil of op Sy werke nie, maar op die keuse van die sondaar.
“Die Christus van die Bybel bewaar Sy uitverkore mense.”
Die persoon vat dit saam deur om te sê dat mense, soos die meeste Pinkster en mense soos John Wesley nie dieselfde Jesus het nie, dieselfde Jesus as die Calviniste. George Whitfield was ‘n Calvinis, John Wesley was nie, maar hulle het nooit die soort teenbeskuldiging teen mekaar gehad waar hulle beweer dat die een of die ander ’n ander Jesus gehad het nie. Twee verskillende Jesus Christusse
Daar is mense wat so vêr gaan om te sê dat as iemand glo dat Jesus vir almal gesterf het en dat die Here enige persoon kan ontvang, ’n ander Jesus het. Dit word geken as “oordrewe Calvinisme” of “Hipper- Calvinisme”. Hierdie mense het so vêr met dit gegaan as om te sê dat as iemand nie saam met dit gaan nie dan kan daar nie gemeenskap met hulle wees nie. Heel dikwels is hulle dieselfde soort mense wat beweer dat as iemand ’n ander Bybel as die “Authorized Version” van die K.J. vertaling lees, dan kan daar ook nie gemeenskap wees nie.
Hierdie mense gaan verder en hulle kom by iets wat die Bybel “twissiek” noem. “Ons het dit reg en julle is verkeerd.”(1 Kor. 1:11-13). Ek word beskuldig daarvan, maar dit is nie waar nie. Ek staan altyd by die basiese dinge van die Bybel, as iemand wegdwaal van die basiese waarhede, as hulle in dinge betrokke raak wat die Woord van God sê verkeerd is, dan sal ek standpunt inneem.
Maar om af te skei oor ander dinge dink ek is verkeerd. Nie te min, kom ons verstaan die natuur van die skeiding- nie persoonlik skeiding nie, maar teologiese skeiding.
Begin by Een einde van die spektrum
Aan die een uiterste het ons iets wat geken word as “Palagianisme”. Palagiane was mistikusse wat in Brittanje in die vroeë eeue van die kerk gelewe en die leer van Pelagius gevolg het wat die leer van die oorspronklike sonde ontken het, en ook die waarheid dat die mens ’n gevalle skepsel is. Pelagius sê ons kan self God kies omdat ons nie ’n gevalle natuur het nie. Die Bybel sê dit is nie waar nie en Pelagius was teengestaan deur Augustine van Hippo oor hierdie dinge.
Die Bybel sê dat as gevolg van die sondeval van die mens- Adam en Eva, het ons ’n gevalle natuur. Ons word gebore met sonde daarom moet ons weer gebore word. Palagianisme is ‘n totale kettery. Ons kry baie oordrewe Calvinisme in Skotland en Noord-Ierland wat sê dat Armianisme doodeenvoudig net ’n ander vorm van Palagianisme is, of ‘n afgewaterde vorm daarvan.
Maar aan die linker kant van Pelagianisme is daar Finney-isme, ’n Noord-Amerikaanse Evangelis wat geken word as Charles Finney. Ek ontken nie die feit dat baie mense deur Charles Finey se prediking tot bekering gekom het nie. Dinge wat lyk na bonatuurlike manifestasies van God se krag word geassosieer in sy bediening. Alhoewel, ons moet versigtig wees om nie van hierdie dinge ’n barometer van die waarheid te maak nie.
Charles Finney het ook die gevalle natuur van die mens ontken. Die Bybel sê as gevolg daarvan is ons almal met ’n gevalle natuur gebore en ons moet weergebore word. Hy het dit ontken alhoewel hy erken het dat almal sonde het.
In die Middel
In die middel is daar iets wat geken word as “Wesleyaanse Arminianisme.” Arminius het gereageer teen oordrewe Calvinisme. Sy idees is opgeneem in lande wat onder die invloede van groot herlewing voorstanders soos John Wesley was. Hierdie soort Arminianisme word dikwels geken as “Wesleyaanse Arminianisme” in lande soos Groot Brittanje, Amerika, Canada en ander.
Hierdie siening sê dat die mens gevalle is en dat dit alle mense ontbreek van die Heerlikheid van God (Rom. 3:23). Hulle verklaar ook dat ons nie ons self kan red nie. Wat ‘n feit is, hierdie siening sê ook ons kan Jesus nie uit ons self kies nie. Ons kan ons self nie red nie en ons kan ook nie Christus kies nie. Hy sê: “Ek het julle verkies” (Joh. 15:16). Alhoewel, hierdie spesifieke siening is ook wat ek glo en wat klasieke Pinkster ook glo: Ons is dood as gevolg van sonde. Ons kan nie die Here Jesus kies nie, ons kan nie kies om weergebore te word nie omdat ons gees nie met God se Gees kan kommunikeer nie omdat ons dood is in ons sonde; God se Gees gee vir ons net genoeg lig terug om met Hom te kommunikeer. En Hy gee vir ons net genoeg van die oorspronklike toestand voor die sondeval om ’n keuse te maak soos wat Adam gehad het.
Die Herstel van Keuse
Adam het ’n keuse gehad tussen twee dinge: Die Boom van die Lewe (Die Here Jesus en die Ewige lewe) en die boom van kennis goed en kwaad (die wêreld). Adam het die verkeerde keuse gemaak. Jesus het gekom as die “Tweede Adam” (1 Kor.15:45) Net twee mense het ’n keuse gehad: Jesus en Adam, Adam het ’n keuse gehad en Jesus het ’n keuse gehad. In die Versoeking verhaal (Mat. 4:1-11) was Jesus saam met die wilde diere net soos Adam in die Tuin. Christus was die Tweede Adam. Dieselfde wat Satan met Jesus probeer doen het.
Voordat Jesus na die kruis toe kon gaan en sterf moes Hy getoets word net soos wat Adam getoets was. Op ‘n manier moes Hy die reg om na die kruis toe te gaan verdien net soos Adam. Hy identifiseer Homself met ons. Adam het ’n keuse gehad, Jesus het ’n keuse gehad maar ons het nie. Maar wat God doen wanneer Hy iemand aankla oor sonde is, Hy maak dit moontlik vir hulle om ’n keuse te maak wat hulle andersins nie sou kon doen nie.
Ons kan Hom nie kies nie- Hy kies ons, maar Hy maak dit vir ons moontlik om te reageer deur Sy genade. Calviniste ontken dit. Calvinisme (in sy klasieke vorm) sê ons sal Hom nooit in enige hoedanigheid kan kies nie. Ongeredde mense het geen keuse in sonde nie; hulle moet sondig omdat hulle onder die Wet van sonde en dood is, baie soos die wet van gravitasie.
Die beste keuse wat ’n ongeredde persoon kan maak is waar en hoe, maar om nie te sondig nie kan hy nie kies nie. As gelowiges, omdat God se Gees in ons is, het ons ’n keuse ons het nie nodig om te sondig nie. God het ons vrye wil terug gegee; ons kan kies om te wandel volgens die Gees of die vlees. Die feit is, Calvinisme ontken die herstelwerk van Jesus Christus toe Hy gesterf en uit die dood opgestaan het om vir ons ’n nuwe natuur te gee. God gee ons vrye wil terug wanneer ons weergebore word. Ons het geen vrye wil voordat ons nie weergebore is nie en ons kan nie weergebore word as God ons nie aanraak nie. Dit is wat dit beteken om ’n “Arminianis te wees.”
Soorte Calvinisme
Dan is daar ’n meer gematigde vorm van Calvinisme na links van Wesleyaanse Arminianisme wat geken word as “die “Vier- Punt Calvinisme,” en na dit is daar die “Vyf-Punt Calvinisme” wat, net soos Finney-isme aan die teenoorgestelde oordrewe grense van kettery is. Waaroor gaan die “Vier- of Vyf-Punt beskrywing? Daar is ‘n debat onder Kerk historikusse en ’n vraag is: Was Calvyn ’n “Calvinis”? Calvinisme soos wat ons dit vandag ken was nie deur Calvyn of deur Calvyn se Inststellings geformuleer nie maar deur iets wat geken word as- “Die Remonstrante van Dort.”
Dit was Calvyn se volgers wat later begin het om Calvinisme te definieer soos wat ons dit probeer verstaan. Op dieselfde wyse moet ons iets maak van ’n onderskeiding tussen Wesley se persoonlike gelowe en wat geword het en geken word as “Calvinisme.” Klasieke Calvinisme, wat uit Die Remonstrante van Dort gekom het word geken as “TULIP”, ’n akroniem of ’n akrostiek.
T = “Totaal Bedorwe” Calvinisme en Armianisme glo dat ons totaal bedorwe is. Wat beteken dit? Die beteken ons is so sleg as wat ons in staat is om te wees, Bybels kan ons nie slegter word nie. Dit beteken net ons is totaal gevalle in liggaam, denke en gees. Die mens is geestelik so gevalle dat tot sy liggaamsdele totaal deurtrek is met sonde. Hy is totaal bedorwe. Dit is soos ’n ses eier omelet waar vyf van die eiers goed is en een wat vrot is; Die hele omelet is besoedel. Beide Calvinisme en Armianisme glo in “Totale Bedorwenheid,” ons kan nie onsself red nie en ons is gevalle.
U = Onverdiende Genade. (Undeserved Grace) Ek stem heeltemal saam, Wesley sou ook totaal saamgestem het, ons almal stem saam, God se genade is onverdiend. Christus het gesterf vir die goddelose; toe ons nog sondaars was het Christus vir ons gesterf (Rom. 5:8). Ons kan niks doen om redding te verdien nie en dit is ’n sonde om dit te dink. (Dit is die beginsel van die Calvinistiese denke) Dit was die reaksie teen die kettery en korrupsie van outydse Rooms Katolisisme.
’n Reaksie teen Katolisisme
Johannes Calvyn was ’n humanistiese geleerde. Nie een van sy idees was oorspronklik nie, hy was ’n dinamiese persoonlikheid en ‘n goeie skrywer maar al sy idees het van Erasmus van Rotterdam, Martin Luther en ander van die eerste geslag Hervormers en Humaniste voor hulle gekom. Hy was ’n Christen Humanis maar nog steeds ’n Humanis.
Gedurende die Renaissance (herlewing) van die Middeleeue was daar ’n kettery voorgestel deur mense wat ons ken as die “Thomasse” (Mense onder die invloed van Thomas Aquinas), wat geken was as “Middeleeuse Skolastiese.” Frances Schaffer het dit goed verduidelik. Wat dit op neergekom het in die Renaissance was dat alhoewel die mens gevalle is, was sy intellek dit nie. (Kan jy sien hoe absurd dinge geword het) En so het al hierdie godsdienstige argumente begin draai om die mens se intellek wat nie gevalle is nie, maar net sy gees.
Tot die Hervormers het nooit werklik die Filantroop-isme (mensevriend idee) totaal verwerp nie, maar die Humanistiese geleerdes wat Calvyn beïnvloed het en Calvyn self wat ’n Humanis geleerde was, het gegaan om hierdie dwaling onder die Middeleeuse geleerdes reg te stel wat ook in Gnostiese Hermeneutika en baie ander dinge begin ronddelf het. Calvyn het teen Rooms Katolisisme in die Renaissance van die Middeleeue opgetree met die stelling dat die mens nie totaal verdorwe is nie.
Tweedens was daar die geding oor “Onverdiende Genade.” Die Roomse Katolieke Kerk se lering is sakramentalisme en die verkoop van aflaat offers. (Dis hoe die Vatikaan gebou is en wat die Reformasie laat ontstaan het.) Luther het teen Tetzel die Dominikaan opgetree. “Wanneer ’n geldstuk in die koffer klingel dan spring ’n siel uit die vae vuur.”
Hierdie afgesaagde uitdrukking beklemtoon die idee dat ’n mens jou saligheid kan koop of verdien deur goeie werke, tot vandag toe glo mense dit in plekke soos Italië. Dit is erg om te sien hoe bejaarde vroue die “Scala Sancta” op hulle knieë opkruip met krale kranse in ’n poging om hulle moeders uit die Vae Vuur te red. Calvyn het heel waarskynlik teen hierdie verdorwenheid van die Roomse Katolisisme opgetree. Ons kan saamstem met die “T” en die “U” van TULIP, maar dan kom Calvyn by die “L.” Die begin van afdwaling.
L = “Beperkte Versoening” (Limited Atonement) of ‘n merkwaardige saligheid. “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Jon. 1:29).
Jesus sê, “En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek.” (Joh.12:32).
Calvinisme beweer dat Jesus miskien nader trek maar Hy is nie van voornemens om almal te red wat Hy na Hom toe trek nie, net die uitverkorenes, die wat voorbestem is. God is almagtig; Hy is alwetend. Dit is onmoontlik om God met ’n menslike intellek te beskryf.
Natuurlik ken God die toekoms en God weet wie gered sal word. Natuurlik weet God wie sal reageer op Sy oproep van genade. Hy kies diegene wat Hy weet sal reageer—dit is Armianisme.
Calvinisme sê nee, dit is net diegene wie se name van die begin van die fondasie van die wêreld in die Boek van die Lewe opgeskryf staan en dit is al waaroor dit gaan. Niemand anders gaan gered word nie omdat hulle name nie in die Boek is nie en daar is niks wat iemand kan doen om hulle name uit die “Hel boek” en in die Boek van die Lewe te kry nie, omdat hulle so gebore is. Dit is nie baie goeie nuus nie, is dit nie?
Een van twee soorte Christelikheid wat die meeste geestelike versteurings ondervind, alhoewel die J.W. ‘n baie groter geestelike versteurings in die algemene gemeenskap het, is Roomse Katolisisme. Neem ’n land soos Ierland met hulle groot alkohol misbruik probleem, kinder mishandeling en homoseksuele pedophilia, al hierdie dinge is opgehoop in ’n psige, ‘n sosiale sielkunde onder die invloed van die Roomse Kerk. Die seksuele onderdrukking as gevolg van die invloede van Augustine se Manichaeism en ander dinge het begin om hulleself te manifesteer op verskillende maniere. Rooms-Katolieke lande sit met ’n groot sielsiek en alkoholisme probleem. Maar kom ons kyk na die ander uiterste.
Ek was in ’n Bybel kollege en het groot geword in ’n streng Presbiteriaanse agtergrond in Noordelike Ierland en Skotland. Hulle het van die een uiterste tot die ander uiterste gegaan. Roomse Katolisisme leer dat mense deur hulle werke en die sakramente gered word en so is hulle altyd besig om gered te word, hulle druk hulle self neuroties en sit hulleself op ’n skuld reis.
Omdat geloof sonder die werke dood is en werke die bewys van ons geloof is, (Jak. 2:17) sê die oordrewe vorms van Calvinisme ons moet werke doen om te bewys dat ons gered is.
“Ek moet gered wees kyk na al die goeie werke wat ek doen.” Nie een van die twee het ‘n ware versekering van redding nie. Nie een van hierdie uiterstes kan vir mense sielkundig ’n versekering van redding en ’n ware vrede gee nie. Moderne vorms van Calvinisme dryf mense nie tot raserny nie.
Ek het ‘n ma wat ’n Ierse Katoliek is en ek kan vir julle sê, Ierse Katolisisme is ’n vorm van sielsiekte, net so in die geval van Hassidiese Judaïsme. Ek het al die kante daarvan gesien. “Beperkte Versoening” beteken Jesus het net vir sekere mense gesterf. Stop. So sê die Calviniste, nee, sê die Arminiane.
I = Onweerstaanbare Genade (Irresistible Grace)
Hier word gesê niemand het ‘n keuse nie. As God ‘n naam in die Boek van die Lewe geplaas het voor die fondasie van die wêreld dan moet hulle gered wees, hulle moet gered wees en hulle sal gered word. Hulle het geen kapasiteit om Jesus te kies of te verwerp nie; dit is dit. God kies ons, ons het Hom nie gekies nie, daarom kan ons nie eers reageer op Sy oproep nie behalwe dat Hy ons reaksie tot Hom bestem het.
P = Volharding. (Perseverance)
Wat beteken “een maal gered (Onvoorwaardelik) altyd gered” Let op- “Onvoorwaardelik.” Ek glo aan eenmaal gered altyd gered maar dit is voorwaarderlik; dit is nie onvoorwaardelik nie.
Die ander einde van die spektrum.
Meer gematigde Calvinisme sal stem vir “Totale verdorwenheid,” “Onverdiende genade,” “onweerstaanbare Genade” en “Volharding.” Tot die meer gematigde Calviniste sal nie stem vir ’n beperkte versoening idee nie, dat Jesus net gesterf het vir sekere mense en al die ander is bestem vir die Hel.
Vyfpunt Calviniste sal stem vir alles.
Daar is ‘n vorm van Calvinisme wat net so ketters is aan die een uiterste as wat dit op die ander uiterste is: dit is “hiper-Calvinisme” wat nie net Vyf Punt is nie, maar deur om te sê dat omdat God alreeds die uitverkorenes voorbeskik het- die Kerk, is dit nie nodig om te getuig of om te evangeliseer nie. Mense lag nou daaroor maar dit was die oorheersende denke van die Baptiste in Groot Brittanje totdat William Carey opgestaan het en hulle met die Baptis Konvensie aangevat het. Hy wou sendeling na die Ooste stuur om die heidene te evangeliseer en daar is vir hom gesê, “Broer Carey, sit en wees stil. As God die heidene wil hê dan sal Hy dit doen sonder jou of my hulp.”
’n Ander vorm van ketterse Calvinisme is losbandigheid. Omdat iemand uitgaan en op ’n dag ’n belydenis van geloof bring (Hulle stap uit met ’n Billy Graham uitreik of hulle steek hulle hande op in ‘n diens, of bid ’n gebed agter in die bidkamer) dan is hulle onvoorwaardelik “eenmaal gered, altyd gered” en hulle kan maar aangaan en sondig soos hulle wil.
Die meeste Calviniste sal sê as hulle dit nie doen nie dan is dit die bewys dat hulle nooit gered is om mee te begin nie. Maar daar is ander wat sal sê dat al het hulle teruggeval, as hulle regtig die geloof belydenis afgelê het dan maak dit nie saak nie, hulle gaan nogtans gered word; dit is net hulle werke wat sal verbrand. (1 Kor. 3:12-15) Dit is ketters.
Maar dit is nie wat die mens se werke wat sal verbrand- beteken nie. Dit verwys na die dinge wat ons in die vlees doen wat nie deur God georden is nie, die dinge wat “ons doen” om gered te word in plaas van wat ons doen omdat ons gered is. Wanneer ’n Christen gered is dan werk ons nie om gered te word nie, ons werk omdat ons gered is.
Katolieke, Jehovah se Getuies ens. doen werke om gered te word; Evangeliste doen dit omdat hulle gered is, maar baie van die werke wat ons doen is natuurlik in die vlees en baie van ons doen meer wêreldse en tydelike dinge as wat ons die dinge van God doen, en dit is die dinge wat gaan “verbrand.”
Oordrewe Resultate van “Uitverkiesing”.
Hierdie vorms van Calvinisme kan heel brutaal wees. Die idee van “uitverkiesing” is al tot sulke uiterstes gevat dat die resultaat daarvan ’n sosiale onregverdigheid geword het. Elke keer wat ons ’n hiper-Calvinistiese gemeenskap van hierdie uiterste gehad het dan het ons gesien dat sy waarmerk nie net ’n verskriklike sosiale onregverdigheid was nie, maar ‘n sosiale onregverdigheid wat in die Naam van Christus en die Kerk bedryf word.
Kom ons kyk na die drie groot voorbeelde van ‘n hiper-Calvinistiese kerk wat aan baie van ons bekend is. Een is die Amerikaanse Suide, die oordrewe Suidelike Baptiste wat glo aan slawerny.
Die Baptiste Kerk het in twee denominasies verdeel, die Amerikaans en Suidelike Baptiste, oor die kwessie van slawerny. “God het ons uitverkies; ons is voorbestem.” Hulle beweer swart mense is minderwaardig, dat God hulle uitverkies het om so te wees. Hulle neem een vers in Genesis buite konteks oor die seun van Gam en so aan, om dinge te regverdig wat met die swart mense gebeur het. Kyk na noordelike Ierland.
Niemand haat die Roomse Kerk en sy kettery meer as ek nie, dit is uit die Hel. Ek verag Roomse Katolisisme maar ek is lief vir Katolieke mense. As ek nie Roomse Katolieke mense so lief gehad het nie dan sou ek nie die kerk so gehaat het wat hulle Hel toe lei nie. Maar om Katolisisme te haat is een ding en verdrukking van Katolieke is ’n ander saak. Kyk wat het die streng Presbiteriane met die Rooms Katolieke in Ierland vir eeue lank gedoen; dit is onbeskryflik
Natuurlik het ek geen liefde vir die IRA of enigiets soos dit nie- ek dink hulle is spul idiote. Alhoewel, daar is nog steeds ‘n hele geskiedenis in die agtergrond oor wat daar aangaan wat die meeste van die mense in Goot Brittanje niks van weet nie en wat hulle ook niks mee te doen wil hê nie en wat bedryf word in die naam van ’n oordrewe vorm van Calvinisme.
In die nabetragting van die Plantasie Periode was allerhande dinge deur Calvinisme geregverdig wat aanleiding gegee het tot onregverdigheid teenoor Katolieke mense.
Die derde punt was Apartheid in Suid-Afrika. Die Duits Hervormde Kerk was hiper Calvinisties.
Waar ook al ‘n uiterste vorm van Calvinisme gevind word, daar kry jy onderdrukking. Calvyn het ’n wesenlike polisie staat gehad wat hy teologies in Genève ontwerp het. Mense was lewend verbrand vir kettery. Daar was ‘n Hervormde kerk in Zurich wat die Baptiste verdrink het.
As iemand aan die doop van gelowiges geglo het dan hulle ’n ’n gat in die ys gemaak waarin hulle hierdie mense verdink het.
In Groot Brittanje was daar ‘n wrede oorlog met Presbiteriane, Calviniste wat ander Calviniste doodgemaak het. In Massachusetts het hulle hekse verbrand. Waar jy ook al ’n uiterste vorm van Calvinisme gekry het, dan was daar ongeregtigheid en onderdrukking, ek weet nie van een uitsondering nie.
Die meer gematigde vorms van Calvinisme, tot by die Vyf Punt manne soos die Puriteine, het ander dinge gedoen wat goed was soos die instelling van Parlementêre demokrasie wat gebaseer was op Bybelse beginsels; ek praat net teen die uiterstes. Ek sal teen die oordrewe Calvinisme aan die een kant van die vergelyking praat, maar ek sal ook op gelyke voet teen die oordrewe Arminianisme en ander verder praat, met die idees van Finney en Palagius aan die ander kant. Die waarheid is in die Middel en dit is die basiese situasie
Argumente Uit die Woord van God.
“ Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees dat dit vir my 'n groot droefheid is en 'n onophoudelike smart vir my hart. Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote na die vlees weg van Christus af. –
(Dit lei die gedeeltes van Romeine 9:11 wat deel met die soteriologiese, die redding en profetiese doelwitte van God vir Israel en die Jode, God se voortgesette liefde vir Israel in, ten spyte van hulle populêre verwerping van hulle Messias deur wat die meerderheid van geword het.)
---Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort-(“Behoort” -in Grieks is dit in die teenwoordige aaneenlopende aktiewe tyd- God is nie klaar met die Jode nie) --en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes (Dit sê vir ons dat dit geskryf was voor 70n.C.)...aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen
“Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; (Naamlik die Tora) want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie.(Met ander woorde, om ‘n fisiese Jood te wees beteken niks tensy hy die Messias aanneem.) Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word. (Nou begin hy met ’n Midrasj verklaring van die Boek Genesis)
Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag. Want dit is die woord van die belofte: “Omtrent hierdie tyd sal Ek kom, en Sara sal 'n seun hê.”
“Want dit is die woord van die belofte: Omtrent hierdie tyd sal Ek kom, en Sara sal 'n seun hê. En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader.
Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien.”
Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.—
So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde.
So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?
En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het, juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid,”- , (Rom 9:1–23)
Gebaseer daarop sal Calviniste sê: “God is die Pottebakker, ons is die klei, wie is ons om met God te stry? Hy, kies wie hemel toe gaan, Hy kies die uitverkorenes; die ander gaan Hel toe.”
En natuurlik gebruik hulle ook die Skrif- “Jakob het Ek lief gehad maar Esau het Ek gehaat.”
“Ek is lief vir wit mense maar swart mense haat Ek-” of- “Protestante het Ek lief, maar Katolieke haat Ek.” ens. Onthou John Wesley se herlewings was ’n Arminiaanse reaksie teen die sosiale ongeregtighede wat deur ’n dooie kerk met ’n Calvinistiese denke oortrek was. Dit was toe die mense uit die kool myne en die lekkernye winkels begin kom het en duisende hulle harte vir die Here gegee het.
Tie Teks in Konteks
So, die Calviniste sê- “Hoe kan ons teen God stry? Hy kan doen wat Hy wil, Hy is soewerein; Hy maak een seun sus en die ander een so.” Die eerste fout wat hierdie mense maak is ‘n teks buite konteks is ’n pre- teks. Die konteks van Romeine 9-11 is- dit deel oorheersend met die nasies en nie met individuele nie. Dit deel met die Jode en die Heidene. Paulus praat van die twee tweelinge. Kom ons kyk in Genesis waaroor dit gaan.
“En die HERE het haar geantwoord: Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggaam; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en die oudste sal die jongste dien.” (Gen. 25:23)
Wat hierdie mense doen is, hulle neem iets met betrekking tot nasies en maak dit van toepassing op mense. Daar is ’n beginsel in Midrasj wat geken word as “kal. v’homer”—“lig tot swaar.”
Dit wat van toepassing is op ’n spesifieke situasie moet ook van toepassing wees in ’n moeilike situasie. Maar voordat ons hierdie beginsel gebruik moet ons eers kyk na die konteks.
Dit gaan nie daaroor dat God sommige mense vir hierdie of daardie doel geskape het nie, dit gaan oor God se uitverkiesing van nasies. Nog meer, ons het iets wat in die Skrifte geken word as ’n “gemeenskaplike samehorigheid” (“corporate solidarity”). Dit is waar ’n persoon ’n nasie of ’n groter groep mense verteenwoordig.
Esau en Jakob verteenwoordig respektiewelik wat die Israeliete en die Arabiese nasies geword het. Soos wat die tyd aangaan was Esau met Jakob versoen. In Genesis het God profetiese doelwitte vir die Arabiese mense en dieselfde vir die Jode. God se uitverkiesing het te doen met Sy roeping vir diens; dit het niks te doen met redding in die sin wat hierdie mense daarvan probeer maak nie. Dit is dieselfde in die Boek Obadja. Die naam van die patriarg word ’n metafoor, of ’n algemene term- vir die nasies wat van hom afstam.
So, voordat ons verder gaan moet ons besef dat hierdie mense iets wat gaan oor nasies neem en dit van toepassing maak op individuele terwyl dit hoofsaaklik nie eers gaan oor wat die teks sê nie.
Dit kan net in ’n mate van toepassing gemaak word op individuele, soos wat die teks aangaan om dinge oor Farao te beskryf, maar wanneer die Nuwe Testament die Ou Testament verklaar dan moet ons teruggaan om die Ou Testament in konteks te lees.
Voorbeeld van ’n Verharding van die Hart.
Farao het sy eie hart verskeie kere verhard, en eers nadat hy sy eie hart verskeie kere verhard het, het God Farao se hart verhard. God het Farao opgewek en hom gebruik, Farao het met baie dinge weggekom. Hy was deur die Egiptenare as ’n god aanbid en God het hom gebruik vir Sy eie doelwitte net om hom te val. Maar dit word nie gesê dat God Farao se hart verhard het totdat hy herhaaldelik sy eie hart verhard het nie.
“En alhoewel Hy so baie tekens voor hulle gedoen het, het hulle nie in Hom geglo nie; sodat die woord van die profeet Jesaja vervul sou word wat hy gesê het: Here, wie het ons prediking geglo, en aan wie is die arm van die Here geopenbaar? Daarom kon hulle nie glo nie, omdat Jesaja óók gesê het: Hy het hulle oë verblind en hulle hart verhard, sodat hulle nie met die oë sou sien en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie. (Joh. 12:37-40)
Hulle kon nie glo nie, wou nie glo nie en sal nie glo nie.
God se verharding van ’n hart is altyd ’n reaksie van iemand wat sy eie hart verhard. Dit was nie ’n geval van waar God net hulle harte verhard het nie, tot Calvyn het erken dat dit op hierdie spesifieke manier werk en volgens hierdie soort dinamiek. Dit haal nie aan uit die Hebreeuse teks nie maar uit die Septuagint, die Griekse Ou Testament waar die gemoed aanvoegend is. Die subjunktiewe gemoed in Grieks maak voorsiening vir die moontlikheid van,- “sodat hulle nie met die oë sou sien en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.”. Die moontlikheid van hulle bekering bestaan nog steeds in die Griekse subjunktief. Meer nog, saam met hierdie aar is daar die idee van “Kom tot bekering.” Die Septuagint vat die Hebreeus en vertaal dit in Grieks.
Kom tot inkeer, “word verander.” In Hebreeus is dit “teshuva.” Die Hebreeuse woord vir bekering en om te verander is dieselfde ding, dit beteken om- om te draai weg van sonde af na God. Die idee dat Hy skeidsregterlik, of deur Sy eie soewereine wil besluit wie dit of dat sal doen, is die resultaat van om net die een kant van die verhaal te vertel. Maar die Bybel praat van iets heel anders. Wanneer Hy harte verhard dan is dit omdat hulle herhaaldelik hulle eie harte verhard het. Hoeveel keer het God nie vir Moses na Farao terug gestuur nie? Maar kom ons kyk verder.
Die Pottebakker in Jeremia
“God is die Pottebakker, ons is die klei.” Dit kom uit die Boek Jeremia 18-19. Kom ons kyk na die Ou Testamentiese teks in sy konteks en waarvan Paulus praat. “Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het”: Wanneer gepraat word van die “Woord”-Here, dan is dit “d’var” in Hebreeus en in Grieks is dit “logos.” Dit is Jesus. Dit is Jesus Self wat na Jeremia in ’n soort van openbaring gekom het. Dit is nie soos in ’n boodskap nie, dit is soos ‘n persoon wat kom. Dit het te doen met ‘n persoonlike ontmoeting met wat die rabbis “d’var of “mamre,” (Aramees) of wat die Nuwe Testament die “Logos” noem, ‘n persoonlike ontmoeting met Christus.
Wanneer ons die Bybel in die Gees lees dan is dit nie net ‘n eenvoudige ontmoeting met die teks nie; dit is ‘n ontmoeting met die Persoon. Wat ons van die teks kry word afgelei van die ontmoeting met die Persoon. As jy vandag net informasie ontvang dan hoor jy nie van Jesus nie, jy hoor net wat ek vir jou sê. Die vraag vandag is, ontmoet jy Jesus? Ontmoet jy die Woord of net woorde? As jy die Woord het, dan sal die Woord kristal helder wees.
“Maak jou klaar en gaan af na die huis van die pottebakker, en daar sal Ek jou My woorde laat hoor.” Jeremia moes iewers heen gaan. God gaan vir hom iets deur ‘n afbeelding wys van ’n pottebakker, daar is iets wat hy moes verstaan. God het nie gesê, “Ek gaan vir jou iets wys nie, “maar” Ek gaan vir jou iets wys wat dit sal verduidelik en verklaar as ‘n objektiewe les.”
“Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker, en hy was juis besig om 'n stuk werk op die skywe te maak. En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk--soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker--maar hy het daaruit weer 'n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak. Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:-- (Ons kan amper sê: “Jesus het vir hom gesê.”)--Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!”
(Kan ek nie... met jou deel soos met die pottebakker nie?” Weereens, vir wie sê die Here dit? ‘n persoon of ‘n nasie? Hulle vat iets wat baie duidelik van toepassing is op ‘n gemeenskaplike groep mense- nasie- en maak dit van toepassing op individuele. Die tweede fout is hulle let nie op hoe die pottebakker werk nie.
Hoe die Pottebakker werk.
Met studie toere in Israel wys ons vir mense hoedat ‘n pottebakker in ‘n Talmoediese dorp in Galilee aard ware artikels uit klei maak. As dit nie reg uitkom nie dan word die klei nat gemaak en oor gebrei. As hy nie tevrede is met die werkstuk nie dan word dit oor gevorm met dieselfde klei. ’n Pottebakker in Bybelse tyd het normaalweg nie opgegee nie, hy sal die werkstuk ‘n dosyn keer oordoen om dit reg te kry.
Jesus red nie mense om hulle te verloor nie. As ons- ons kruis laat val—tel dit op. Alhoewel ons ons lewens opmors, sal Jesus nie opgee nie. Hy sal ons dalk weer en weer moet breek en oormaak, maar dit vat ’n lang tyd vir die Pottebakker om op te gee met die materiaal. So is dit met ons. Mense bekommer hulle altyd oor hulle redding, dat hulle dalk verlore is, maar die les van die Pottebakker leer iets anders, dit is hoe die Pottebakker werk. Alhoewel, daar is ’n tyd wanneer die Pottebakker wel sal opgee.
Nie Individuele nie, maar Nasies.
“In een oomblik sal Ek spreek oor (’n individu?—nee, 'n nasie!)...Die teks van Romeine 9-11 gaan oor nasies en nie primêr mense nie. --en oor 'n koninkryk om dit uit te ruk en om te gooi en te vernietig; maar as dié nasie waaroor Ek gespreek het, hulle bekeer van hul boosheid, sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan was om hulle aan te doen. En in 'n ander oomblik sal Ek spreek oor 'n nasie en oor 'n koninkryk om dit te bou en te plant; maar as hulle doen wat verkeerd is in my oë deur na my stem nie te luister nie, dan sal Ek berou hê oor die goeie waarmee Ek gesê het dat Ek aan hulle goed sal doen.
Sê dan nou tog aan die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem dit: So spreek die HERE: Kyk, Ek maak onheil gereed teen julle, en Ek dink 'n plan uit teen julle; bekeer julle tog, elkeen van sy verkeerde weg, en maak julle weë en julle handelinge goed. Maar hulle sê: Dit is tevergeefs; want ons sal na ons gedagtes wandel, en ons sal elkeen volgens die verhardheid van sy bose hart handel.” (Jer. 18:7-12)
God sal ’n ander nasie opwek. Maar as hulle hul bekeer sal Hy hulle terugvat. Dit is wat die Skrifte hier sê en dit is presies waarvan Paulus praat in Romeine 9-11.
Let dan op die goedertierenheid en die gestrengheid van God: gestrengheid oor die wat geval het, (Dit is hoofsaaklik vir die Heidense Kerk)... maar goedertierenheid oor jou as jy in die goedertierenheid bly; anders sal jy ook afgekap word.” (Rom. 11:22)
Wat sê Jeremia? As hierdie ander pot wat die Potter maak nie goed uitwerk nie dan sal Hy wegdoen met die een! Maar wat sê Paulus? “Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent.” (Rom. 11:23)
Wat sê Jeremia 18? Dieselfde. “--maar as dié nasie waaroor Ek gespreek het, hulle bekeer van hul boosheid, sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan was om hulle aan te doen”
Dit is nie die betekenis van die “Pottebakker/ klei lering” soos wat hulle beweer nie. Ek wens hulle wil die teks in sy konteks lees, maar hulle doen dit nie.
Dit gaan nie oor wat hulle aanhaal nie, maar wat hulle nie aanhaal nie.
Jy sal oplet dat oordrewe Calviniste altyd die Skrifte gebruik wat hulle oogpunt ondersteun.
(Die J.W.’s doen dieselfde ding en as ons nie versigtig is nie kan ons dieselfde doen.)
“Die Christus van Arminianisme is lief vir elke persoon in hierdie wêreld en Jesus begeer hulle almal se redding.” En hy gaan vêrder en sê dat die Christus van die Bybel nie so is nie; dit is net die uitverkorenes wat Hy onvoorwaardelik uitverkies het.
Kom ons kyk na ‘n paar verse wat nie aanhaal word nie. “Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.” (2 Pet. 3:9)
Daar was Calviniste wat probeer het om my te oortuig dat dit net vir “Christene” beteken.” Eerstens, al is hulle reg, of as dit “net Christene” beteken, hoe kan Christene verlore gaan onder die eenmaal gered altyd gered leer? (Hulle het my nog nie geantwoord nie) Maar dit sê verder:
“Maar die dag van die Here sal kom soos 'n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.”(2 Pet. 3:10)
Die konteks praat hier van die einde van die wêreld vir almal. Hy wens dat nie een verlore sal gaan nie. “Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het. (1 Tim. 6:12) Dit is iets wat begryp moet word. Dit is nie net iets wat “daar” is nie, dit is iets wat begryp moet word. En hy sê vêrder in Timotheus: Die Here sê Hy wil nie hê dat enige persoon Hel toe gaan nie, Hy verheug Hom as iemand tot redding kom. Maar wanneer Paulus daaroor skryf dan haal hy aan uit ’n hele paar Ou-Testamentiese kontekste en een daarvan is die Boek van Esegiël.
Hy wil nie Een Verloor Nie.
Esegiël profeteer in ‘n slegte tyd toe die oordeel ophande was en God sê vir Esegiël...
“As Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe--en jy waarsku hom nie en spreek nie om die goddelose vir sy goddelose weg te waarsku om hom in die lewe te hou nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. Maar as jy die goddelose waarsku, en hy hom nie van sy goddeloosheid en van sy goddelose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered. En as 'n regverdige hom van sy geregtigheid afkeer en onreg doen, en Ek 'n struikelblok voor hom gooi, dan sal hy sterwe; omdat jy hom nie gewaarsku het nie, sal hy deur sy sonde sterwe, en aan sy geregtigheid wat hy beoefen het, sal nie gedink word nie; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.” (Es. 3:18-20)
God sê vir Esegiël dat Hy geen behae het in die dood van ’n ongeredde mens nie, maar dat hulle tot bekering moet kom. “Waarsku hulle sodat hulle nie verlore gaan nie.” God wil hê almal moet tot redding kom! Ons Calvinistiese vriende sê dit beteken die “Ou Testamentiese Verbond,” ons is nou onder ’n nuwe Wet van Genade. Dit is wat hulle van genade.
“Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.” (1 Tim. 2:3–4) God se “begeerte” is dat alle mense gered moet word!” God weet dat alle mense nie gered gaan word nie.
Hy weet wie hulle is wat Sy genade offer deur Sy Seun Jesus gaan verwerp, en Hy weet wie dit gaan aanvaar; Hy weet dit van altyd af—Hy weet hoe dinge gaan uitdraai, maar God se wil is dat alle mense tot redding moet kom. Ons moet na alles kyk wat die Bybel sê oor ’n onderwerp om die volle gewig van die Skrifte te verstaan. Daar is ’n balans. Die hoofrede van die probleem ontstaan as gevolg van die feit dat ons terug kyk na die 16de eeuse Hervormers in plaas van na die 1ste eeu en die vroeë Christene. Ons moet ons self in dieselfde situasie indink as die 1ste eeuse Christene om te verstaan wat die Apostels geskryf het en hoe dit op ons van toepassing is.
Maar die beginsel is nie van minder belang as ons kyk na Hervormer (of Calvinistiese) Teologie nie. Teen wat het Calvyn te staan gekom? Hoekom skryf hy soos wat hy skryf? Dit duidelik dat hy probeer het om mense van ’n gebondenheid los te kry en nie om hulle daarin te kry nie.
Die Roomse Katolieke Kerk het mense onder ’n gebondenheid van kommer, skuld en vrees vasgemaak, Calvyn het probeer om vir hulle te sê- “eenmaal gered altyd gered,” om hulle vry te maak van hierdie onderdrukking. Aan die ander kant was daar ’n ander onderdrukking wat gekom het as die resultaat van hierdie probleem, die idee van net die Uitverkorenes. Dit is ’n waarheid, maar ’n waarheid wat misverstaan was. Jesus wil niemand verloor nie. Daar is baie verse.
“En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek.” (Joh.12:32)
“Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.” (2 Pet. 3:9)
“Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.”(1 Tim. 2:3–4) en in Esegiël 3: “Waarsku hulle sodat hulle nie verlore gaan nie.” Kom ons kyk verder.
Die Wortel van Calvinisme.
Calvyn kom uit Humanisme. Dit is iets wat later opgeneem is in wat ons ken as “Die Verligting,” en dit was slegter as Rasionalisme. Wanneer daar ’n verandering in wetenskaplike denke kom dan verander die tegnologie. En wanneer tegnologie verander dan verander die ekonomie en wanneer die ekonomie verander dan verander die kultuur en die politieke situasie en dan begin mense se wêreld visie verander. Uit die Renaissance is die Grieks en Romeinse leer herontdek en idees het van die Ooste gekom.
Onder die outyd se Roomse Katolisisme het Westerse Europa in die Donker Eeue in beweeg.
As jy wou weet hoe ‘n Roomse Katolieke wêreld sou gelyk het, kyk dan hoe ‘n Romeinse wêreld gelyk het; kyk na die Donker Eeue. As jy wou weet wat die pouse sou gedoen het as hulle hul sin in die wêreld sou gekry het, kyk dan na wat hulle gedoen het, hulle het vir twaalf eeue gemaak wat hulle wil. Kyk na die volksmoorde. Dit is Roomse Katolisisme. Byvoorbeeld, eens op ’n tyd was fisika gebaseer op Isaac Newton. Dit was ’n Newtonse wêreld visie.
Maar met die opkoms van Einstein en sy Relatiwiteit Teorie kyk ons nie meer na fisika op hierdie manier nie. In die ou fisika was materie- materie, en energie was energie. Die twee was onderling eksklusief. Maar daar was ’n weergebore Christen met die naam van Rutherford wat Engeland toe gekom het wat begin het om met Fotons (Lig deeltjies (Particles) te eksperimenteer en hy het uitgevind dat hulle massa—“materie” het.
’n Lig gedeelte is ’n “golf”; dit is energie maar dit het ook massa? Met die ou fisika was materie en energie onderling eksklusief; in die nuwe fisika het dinge wat ons gedink het, onderling eksklusief was wat dit in ’n soort spanning tussen mekaar gehou word. Die wêreld siening van Calvyn kon nie dinge begryp wat onderling eksklusief is nie, dat hulle in ’n spanning tussen mekaar gehou kan word nie. In die nuwe fisika praat die gedeelte fisikusse van ’n heelal wat nie of ewig of nie ewig is nie, maar wat “kritiek” is. Wat in die wêreld van fisika na vore kom is in baie gevalle nader aan die wêreld visie van die Bybel as wat die wêreld visie van Calvyn was. Calvyn was -swart en –wit: “Eenmaal gered altyd gered.”
Vir die wat nie saam met hom gestem het nie was die gevolgtrekking dat hulle nie gered was om mee te begin nie. Die idee was dat óf iemand was deel van die Uitvekorenes óf nie deel van die uitverkorenes nie. Hy kon dinge nie in spanning hou nie.
Om dinge in Spanning te hou.
Dit begin nie by Calvyn nie. Calvyn het dit eenvoudig beklemtoon vir sy tyd en so sit ons vandag nog daarmee. Dit gaan nie net terug na Augustine en Pelagius nie; dit gaan terug na die Fariseërs en die Sadduseërs. Die Sadduseërs was “rigtinggewers” (determinists)– Hulle was “fataliste”; die Fariseërs was dit nie. Jesus het normaalweg meer saam met die Fariseërs gestem. Net oor egskeiding het Hy nie saam met hulle siening gestem nie. Hy het ’n meer konserwatiewe visie as hulle gehad maar die Fariseërs was baie nader aan die waarheid as die Sadduseërs.
Jesus sê: “Die Seun van die mens gaan wel heen soos daar van Hom geskrywe is, maar wee daardie man deur wie die Seun van die mens verraai word!--” (Mat. 26:24).
Die Fariseërs sê alles is vooruit bepaal, alles is bevestig maar keuse is gegee. Hulle het saam met Jesus gestem, (of Jesus het saam met hulle gestem.) Dit was die Sadduseërs wat rigtinggewers was Calvinisme is nader aan die Sadduseërs as aan die Fariseërs met wie Jesus saam gestem het. Jesus het die twee in spanning gehou. Die manier waarop ’n fisikus vandag kan toelaat dat lig gedeeltes ’n massa kan hê kon ’n fisikus van ’n honderd jaar terug nie doen nie. Calvyn kon dit as gevolg van sy wêreld visie nie aanvaar nie, maar ons moet dit aanvaar omdat dit die wêreld visie van die Bybel is en dit is die wêreld visie van vandag.
Dink aan ’n menslike emosie. As gevolg van die Val van die mens is daar ’n vloek op mense verhoudings, ingeslote die verhouding tussen man en vrou. Die huwelik is ’n liefde/haat verhouding. “Ek kan nie saam met hom lewe nie, ek kan nie sonder hom lewe nie.” Die mens se brein is die enigste rekenaar in die wêreld wat twee onderlinge eksklusiewe visie punte dieselfde tyd kan hê sodat hulle geldig kan wees.
Ek kom van New York af, New York is soos London. As jy met mense praat wat groot stadsmense is, dat sê hulle: “Ek is lief vir die plek maar ek haat hom terselfdertyd.”
Praat met ’n London inwoner. “O, ja, die Wes Einde met al die teaters en die museums met die kosmopolitaanse atmosfeer en al die energie- ek is lief daarvoor. Maar die oorvol ondergrondse treinstasies haat ek.” Daar is ‘n spanning, ons is almal emosionele wesens. Ons is geskape na die Beeld en gelykenis van God- “Imagio Dei”– En daar is ’n spanning in God. Ons kan dinge onderlinge eksklusief en psigologies emosioneel akkommodeer wat ’n rekenaar nie kan doen nie omdat ons na die Beeld en gelykenis van God geskape is. Ons moet begin om meer te handel soos mense wat na God se Beeld geskape is in plaas van na die beeld van rekenaars.
Dinge Word in Spanning gehou.
As God vir ons ’n terug gevalle seu
n of dogter gegee het, het ons hulle minder lief? Daar sal ’n tyd wees wanneer hulle ons teen mure sal wil uitdryf en ons sal van hulle ontslae wil raak, maar ons kan nie. ’n Ongeredde vrou of ongeredde man is ’n spanning waarmee gedeel moet word.
God hou ook dinge in spanning. Die verskil, natuurlik is omdat Hy God is, weet Hy wat sal gebeur. Calvyn kon met sy wêreld visie dit nie aanvaar nie; met ons wêreld visie is dit makliker.
Skrifte wat hulle verontagsaam
Vir elke vers wat iemand gebruik om te bewys dat uitverkiesing, soos wat die Calviniste dit verklaar, kan ek met ‘n ander vers aanwys dat Hy wil hê dat almal gered moet word. Kom ons vat dit ’n bietjie verder. In die Boek Handelinge word gesê dat hulle gered “mag” word (Hand. 4:12) So- die moontlikheid om gered te word is daar en die moontlikheid om nie gered te word nie is ook daar. Maar waar gaan ons heen van hier af? Wat is die volgende argument basis?
Op die Calviniste se lys is dit nie “Beperkte Genade” nie, dit word “Volharding,” - wanneer iemand gered is dan is hy ver altyd gered- punt. Dit is verkeerd om te sê dat Wesleyaanse Arminianisme nie vir mense die versekering van redding kan gee nie, dit kan. Ons kan nou, op hierdie oomblik seker wees van ons redding. Ek kan vir jou oordrewe Calviniste wys wat nie seker van hulle redding is nie. Ons kan seker wees van ons redding en ons kan môre ook seker wees as ons in die Woord van die Here bly. Dit is ’n voorbeeld wat ek altyd gebruik.
“Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing;”
(Filp. 2:12)
Hy begin deur om te praat van gehoorsaamheid met betrekking tot redding, hoekom? “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.” (Joh. 3:36)
As daar ware geloof is dan sal daar ’n aksie daarop wees; ons handel ooreenkomstig daarop. Werk jou eie heil uit. Hier staan nie werk vir jou heil nie. Dit is “katergazomai” in Grieks.)
Om dit uit te werk.
Eens op ‘tyd was daar ’n klein seuntjie- Donnie Berkowitz, wat graag ’n model vliegtuig wou hê.
Dit was ’n groot vliegtuig wat klein Donnie wou hê maar die prys was vêr bokant wat hy kon droom, R75.00 en hy was net tien jaar oud. Hy wou die instruksies kry en die vliegtuig bou en op die vertoon kas laat staan sodat sy ouers dit vir hulle kuier mense kon wys. Maar die prys was vêr bokant sy vuurmaak plek. Sy pa besluit toe hy gaan vir Donnie verras en vir hom die vliegtuig vir kersfees koop. Donnie maak die geskenk pakkie oop en daar is sy model vliegtuig wat hy so graag wou hê. Donnie het iets ontvang wat hy onder sy omstandighede nooit sou kon kry nie. So, hy het ’n keuse gehad: hy kon die pakkie oopmaak en die vliegtuig bou en dit op die vertoonkas sit of hy kon die pakkie op die vertoonkas sit waar almal na die prentjie kon kyk wat buite op die pakkie was.
“Katergazomai”- beteken nie “werk vir, ” nie, dit beteken “werk uit.” Sy vader het vir hom iets gegee wat hy nie op sy eie kon verkry nie, maar hy moes steeds reageer op wat vir hom gegee was. Hy moes die pakkie oopmaak, die vliegtuig aanmekaar sit en op die vertoonkas sit.
Hierdie idee dat ons- ons geloof in Christus bely en dit dan op ’n vertoonkas sit- is ’n dwaasheid.
Jesus sê vir Sy dissipels—“As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.” (Joh. 15:6)
Dit het nie te doen met “werke” wat verbrand nie; hier word gepraat van mense wat ’n soortvan belydenis van geloof by ’n sekere punt in hulle lewe bely het maar wat nooit die vrugte van die Gees gedra het nie. Dit gaan nie oor wat ons gedoen het nie, maar wat ons gedoen het om meer soos Jesus te word. Nou, “vrugte” is die Vrug van die Gees. Wyse manne wen siele (Pred. 11:30), maar ons is almal getuienisse. Christene wat nie aktief deel van hulle Christelike lewe getuig nie is abnormaal, dit is abnormaal en net so ook ’n kenmerk van ontrouheid. Net so ook Christene wat nie Bybel lees nie, nie bid nie, of nie met ander Christene deel nie. Ons moet almal getuig, baie vrugte drae. Klein Donnie vat die pakkie en sy vader sê, “Donnie, ek het dit vir jou gegee maar nou moet jy dit in werking stel.
Om deur die kanaal te swem.
’n Ander manier om daarna te kyk is soos ‘n persoon wat probeer om van Calais in die Noorde van Frankryk na die Wit klowe van Dover te swem. Daar kom ’n stormwind op en hy begin verdrink, hy kan hom nie self uit die moeilikheid uitswem nie. Hy roep uit, help my, help my, red my ek verdrink. Hy is halfpad oor die kanaal, hy kan nie teruggaan na die noorde van Frankryk af na Calais nie, en hy kan ook nie na Engeland toe swem nie. Hy is besig om te verdrink en dit begin hard reën, die storm is erg en die golwe begin hom onderkry. Skielik verskyn daar ’n helikopter in die lug met naam “Jesus” op die sykante geskryf. Die Helikopter se deur gaan oop en hierdie Joodse Man met ’n baard sê. “Wil jy hê Ek moet jou red?” “Ja Meester! Red my asseblief! Ek sal dit nooit self kan doen nie.”
Jesus sê, “Begryp jy regtig?, sal jy My regtig vertrou?” Die man sê, “Ja, Here ek vertrou U! Jesus neem ’n reddings baadjie en gooi dit vir hom af en sê, “Trek dit aan!” Die man trek die baadjie aan en sê, “Reg, Here, ek het dit aangetrek! Wat wil U hê moet ek nou doen?” “Hou aan swem.” Die Here maak dit vir hom moontlik om iets te doen wat hy nooit self kon gedoen het nie. Jesus het iets vir hom onverdiend gedoen, maar hy moes die reddingsbaadjie aantrek en swem.
Nou, as iemand moeg word langs die pad en begin rus dan kan hy altyd weer aangaan maar as hy die baadjie uitrek en probeer om terug te gaan na Frankryk of hy verdwaal, wat gaan gebeur? Hy gaan verdrink. Wie se fout is dit?
Die Herstel van Keuse
Wat Jesus doen met redding is om dit vir ons moontlik te maak om ’n keuse te maak wat ons andersins nie kon gedoen het nie. Hy herstel net genoeg van ons vrye wil om Hom te kies. Niemand kan God se Wil weerstaan nie en Sy wil is inderdaad dat alle mense gered moet word. Maar Sy Wil is ook vir ons om Sy kinders te wees en om Hom te kies uit ons eie wil.
Ons kan Hom nie uit ons vrye wil kies nie as gevolg van die Val, so, Hy “verkwik” ons- hy gee vir ons net genoeg lig. Daar is ’n balans: Wat Adam verloor het, het ons terug gekry in Christus. Calvinisme ontken dit. Ons het nie ons vrye keuse terug gekry nie. Wel, Jesus het vir my ’n vrye keuse gegee.
Om te beweer dat ek nie ’n keuse het om gered te word nie is dieselfde as om te sê ek het nie ’n keuse oor sonde nie. Natuurlik het ek ’n keuse oor sonde, ek het nie nodig om te sondig nie.
Ek mag dit miskien doen maar ek het nie nodig om te sondig nie. Redding is dieselfde.
God skenk my die genade, die krag, en die middele om Christus te kies wat ek nooit uit myself kon doen nie. Ek moet nog steeds reageer op die oproep.
Wanneer ek die Here Jesus aangeneem het, alhoewel ek uitgeput is en my kruis laat sak het, of moeg geword het om in die kanaal te swem, gaan ek nogtans nie die reddingsbaadjie uittrek nie. Ek gaan bly swem. Solank as wat ek die baadjie aan het is ek seker van my redding. “Niemand kan hulle uit My Hand ruk nie.” (Joh. 10:28)
Niemand vat daardie baadjie van my weg nie, maar EK kan dit self doen. Ek sal dit nie doen nie, ek sal eerder in die see verdrink met my baadjie aan, tenminste sal ek eendag na die oppervlak opgaan. Maar ek kan dit self uittrek, maar solank as wat ek die baadjie aan my het is ek verseker van ’n ewige versekering. Dit is wat Jesaja die mantel van geregtigheid noem. (Jes. 61:10).
Die Voorbeeld van Hebreërs
Kom ons kyk na Hebreërs wat vir gelowiges geskrywe was, spesifiek vir Joodse gelowiges waar daar ’n aanduiding was van ‘n afvalligheid weg van die geloof in Jesus Christus as die Messias en ’n terugkeer na onder die Wet.
Hierdie soort denke was meer die kenmerk van die briewe soos van die Galasiërs as wat dit Hebreërs was. In Galasië het hulle ’n vorm van Nominalisme bedryf. Hulle was nie regtig wetties soos dat hulle sou sê “gered deur die Wet nie”, maar meer dat hulle sou sê dat hulle gered is deur om die Wet te onderhou en om Jesus te dien. Maar ons word net deur Hom gered. Ons kan nooit deur werke gered word nie. Christene doen goeie werke omdat hulle gered is en nie om gered te word nie. Alhoewel, Hebreërs was geskryf aan die Joodse gelowiges en daar was ’n gevaar om op ’n manier terug te keer na Judaïsme maar nie op dieselfde wyse as die Galasiërs nie.
Ons gaan nou kyk na die teks in die oorspronklike Grieks en ’n Afrikaanse vertaling.
“Dio aphentes ton tes arches tom Christos logon epi ten telioteta pherometha en palon themelion kataballomenoi metanoias apo nekron epyon kai pisteos epi theo. Baptismon dedache epithesos to keiron anastasis te nekris kai krimatos aionion.”
“Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God, van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.” (Heb. 6:1-2)
So begin die skrywer van Hebreërs. Hy praat van mense wat gered is en hoe hulle hierdie spesifieke fondasie moet lê. Maar net hierna vertel hy hoe ons daarop moet bou.
Hy begin met die Griekse woord “Dio,” wat “vir / (For)” beteken. Dit is ’n manier om te verduidelik hoe hierdie dinge gebeur het. Hy sê:
“En dit sal ons doen as God dit toelaat. Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het--om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.” (Heb. 6:3-6)
Die woord “gan” (vers 4) beteken “vir.” Die Griekse gemoed is nie samevoegend of kondisioneel nie, maar dit impliseer die moontlikheid dat iets verkeerd kan gaan. Dit is nie ‘n samevoegende ding wat twyfelagtig is dat dit gaan gebeur nie, dit is kondisioneel, maar dan gaan dit verder.
“Dit is onmoontlik om hulle weer te vernuwe” “adenaton” (in vers 6). Ons kry dieselfde woord in Hebreërs 6:18, “God kan nie faal en die woord “adenaton” gebruik nie, dit is “onmoontlik.”
Dit word so onmoontlik vir hierdie mense om vernuwe te word dat dit sal beteken dat God vals sou wees as hulle dit kon regkry omdat dit dieselfde term is. God kan nie vals wees nie, maar net so kan hierdie soort mense nie vernuwe nie. Maar wat word hier gesê?
Diegene Wat nie Vernuwe Kan word Nie.
Ons het net een soort sonde waar mense nie vernuwe kan word nie en dit is lastering van die Heilige Gees. In konteks het Laster van die Heilige Gees te doen met die Fariseërs of die godsdienstige leiers in Jesus se tyd waar hulle dinge wat hulle verseker weet van God afkom toeskryf as van Satan.
Hulle weet dit was van God; hulle het nie gedink dat dit van God is nie, hulle het dit geweet dit was van God. In die gelykenis van die Druiwe boord word duidelik in Mattheus gesê: Hulle het geweet dat Jesus in die gelykenis van hulle praat. (Mt. 21:45). So, hulle het geweet dit was God, maar dan omdat hulle geweet het dit was van God en dit aan Satan op so ‘n manier toegeskryf het dat dit mense mislei het weg van God se genade en redding af. Dit is baie bedorwe.
Dit is mense wat weet dat iets van God afkom maar dit vir hulle eie doel op so wyse misbruik dat dit mense weg lei van die waarheid af en verlore gaan. In konteks is dit ’n beskrywing van onvergeeflike sonde.
Ons weet nie by watter punt die Heilige Gees iemand verlaat nie en ‘n terug gevalle persoon weet nie wanneer dit gebeur nie. Toe Koning Saul sy eie lewe gekies het, het hy nie geweet dat die Gees hom verlaat het nie, en wat meer is hy het nog aangegaan om te profeteer. Onthou, die gawe en roeping van God gaan aan sonder bekering. (Rom. 11:29) Die Gees mag miskien op hom gewees het soos met die uitstorting van die Gees, maar nie meer in hom nie.
Here het ons nie in U Naam dit en dat gedoen nie? Gaan weg Ek het julle nooit geken nie! (Mat. 7:21-23).
Ons weet nie wanneer dit gebeur nie, maar daar is ’n moontlikheid vir iemand om so vêr terug te val dat hy nie meer sy sonde kan bely nie, dat hy nie meer na Jesus toe wil gaan nie, dat hulle by ’n punt gekom het waar hulle die Heilige Gees laster. Die Heilige Gees kla terug gevalle mense sonder ophou aan. Wanneer iemand van die Here af wegval dan het hulle geen vrede in die Here nie en geen vrede in hulle gebeds lewe nie, hulle het geen vrede in enige iets nie.
Hulle hou aan teëstribbel en teëstribbel en uiteindelik sal hulle nie gered word nie, mense wat so vêr terugval dat hulle nie kan terugkeer nie. Dit kan gebeur, hulle kan die punt bereik. Dit is nie maklik nie, maar daar is mense wat al so vêr teruggeval het, wat die waarheid ken maar wat hulle vroue verbied om hulle kinders kerk toe laat gaan. Mense wat die waarheid ken en wat hulle kinders weghou van die waarheid af. Dit is ’n gruwelike soort sonde. Daar bestaan ’n basis om dit te assosieer met Laster van die Heilige Gees.
Hulle sien die Lig.
In die geval van diegene wat eens op ’n tyd verlig was–“phoristhentas” is die Griekse woord.
Die idee is dat hulle die “lig gesien het”, of na die “lig gekom het.” Dit is nie ’n soortvan abstrakte ding nie; hulle weet presies wat dit is.
“Adonaton gan tous hapax phoristhentas genomentous te tes doreas tes epouranion kai metoxis genethentas pneumatos hagion.” (Heb. 6:4)
“- wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe (“doreas”), -gesmaak het”—Nie regtig ’n hemelse ondervinding nie, maar “die hemelse”—“en die Heilige Gees deelagtig geword het,”
Dit is nie dat hulle geword het nie, maar dit is iets wat aangaan (Aaneenlopend aktief teenwoordig.) Om so te word was ’n resultaat van “die Gees.”
Daar is geen manier dat hierdie mense, wat werklik die Heilige Gees ondervind het en hulle hemelse einddoel aanskou het, dat hulle nie gelowiges was nie. Dit gaan oor gelowiges, mense wat waarlik gered was. Hulle het na die lig gekom- “phoristhentas.” “Ek het die lig gesien.”
“Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.” (Hand. 22:9)
Hulle het dit Gesmaak.
As gevolg daarvan dat hulle na Jesus gekom het gebeur iets anders: Hulle ondervind iets daarvan. Die Grieks is “gensomenous theon”–“Hulle het die goeie gesmaak.” Wat hierdie teks basies doen is, dit verwys na Psalm 34:8. “Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!”
Daar is mense wat dit werklik gesmaak het. In Heb. 6, vir die een wat die Here gesmaak het is daar ’n Griekse term “theon rema”–hulle het die “woord” gesmaak. Maar dit is nie die logos nie, maar die “rema”
Daar is basie twee terms vir die “woord” van God in die Nuwe Testament in Grieks: rema en logos. Hulle is basies sinoniem. Ons kan nie die soort onderskeiding maak wat sekere mense maak nie. Daar is mense wat sê die logos is die gedrukte “woord” en die “rema” is ’n soortvan persoonlike openbaring van die Gees. Dit is nie waar nie.
Wat ons kan sê is dat die logos objektief is. Die Bybel is die Woord van God en Jesus is Jesus en dit is Hy in gedrukte teks. Maar die “rema” is wat dit word in ’n ondervinding realiteit wanneer dit die waarheid word in ons lewe. Jesus is Jesus; Hy is die “Logos” en wanneer die Logos na ons toe kom in ‘n persoonlike wyse dan word die Bybel werklik lewend, en dit die term wat hier gebruik word.
“Logos tos Theo” is die term in Heb. 4:12 waarop die outeur bou tot en met Heb. 6.
“Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.” (Heb. 4:12)
Die woord hier is nie “logos” nie, dit is ’n persoonlike ontmoeting. Met ander woorde iemand kan ’n akademiese teoloog, ’n geleerde wat Grieks en Hebreeus goed ken wees, maar hy is nie weergebore nie. Hy kan die logos op ’n manier hê, maar die logos sal nog nie ’n persoonlike ondervinding in sy lewe wees nie; daar sal nie “rema,” en geen openbaring wees nie, basies net intellektueel.
Die Bybel in die hand van so ’n man is nutteloos. Dit is altyd iemand met die Gees van God in hom wat ’n deelgenoot van die Heilige Gees is. Dit is wat die outeur van Hebreërs hier sê.
As iemand ’n deelgenoot van die Heilige Gees is, die subjektiewe waarheid—die “logos” wat nou die “rema” geword het.
Hulle Was Deelgenote
Daar is mense wat regtig tot ’n soort van persoonlike ondervinding en geloof in Jesus gekom het: “Deelgenote”–“metochous genethentas.” In Luk. 5:7 word hierdie woord normaalweg in die Engelse Bybels vertaal as “broeders / kamerade.” Met ander woorde hulle was een van ons. Hulle was nie mense wat nog nooit een van ons was nie, hulle was een van ons. Hulle was gered en het deel gehad aan “die hemelse gawe” –“tes doreas tes epouranion.”
Ons kry dit in net een plek in die Bybel in hierdie spesifieke frase, die woord “charism”–“grace,” word nie gebruik nie, maar “doreas.” Ons kan sê dat God se genade op ’n manier vir alle mense is; Hy is goedgunstig teenoor alle mense, tot met ongeredde mense. Maar dit is nie die woord “charism” nie, dit is nie daardie soort genade nie. Dit is “doreas,” die gawe van redding. Dit is God se groot on- vertelde reddende gawe van die kennis van die waarheid. Dit is meer as die algemene tipe van genade wat God vir alle mense gee.
Die rede waarom hierdie punt uitgewys word is dat Calviniste van die Calvyn instellings probeer sê dat dit sou beteken dat hulle nie almal al die pad gekom het nie, maar net halfpad, maar die teks ondersteun dit nie. Calviniste doen wat baie mense doen: hulle begin met ’n veronderstelling en dan moet hulle die teks aanpas om hulle veronderstelling te kwalifiseer. Maar dit is nie wat hierdie teks in sy konteks op enige manier ondersteun nie. Dit is mense wat die Here ken.
Hulle Val Terug
Dan lees ons in vers 6 dat hulle betrokke raak in afval- hulle beweeg weg. Hierdie woord vir afval (apostasy) of as hulle weggeval het, is nie “apostasia”nie. Dit is iets anders. Dit is ’n ander Griekse woord, ’n Griekse kondisionele uitdrukking in die partisipium - deelwoord. “parapesontas.” Dit gaan teen die volgende argument.
Daar is die argument dat hierdie mense gelowige Jode was en dat die skrywer van Hebreërs vir hulle gesê het dat daar geen manier was dat hulle kon terugkeer na Judaïsme nie, dit was onmoontlik omdat daar nie meer ’n offer is buite waar hulle is nie (Soos wat Hebreërs 10 dit verduidelik) en dit beteken dat hulle moet bly waar hulle is.
Wanneer ons dit in konteks lees dan het dit absoluut niks te doen met iemand wat nie kan verval nie, maar dit is ’n argument wat sommige mense probeer intrek. As die woord “apostasia was,” sou dit een ding gewees het, maar dit is nie apostasia nie, dit is “parapesontas.” “Parapesontas” gaan direk daarteen; dit beteken iets heel anders. Dit beteken om “weg te val van ’n standaard af.” “Apostasia” kom van ’n heel ander Griekse woord af.
Die Griekse wortel van apostasia beteken “om af te dwaal, weg te val”. Iemand was hier maar nou is hy weg. Hierdie woord vir “om weg te val beskryf nie iemand wat opgehou het om te glo nie, maar iemand wat opgehou het om dit te lewe.
Hulle argument is dat dit vir Jode geskrywe was en dat hy vir die Joodse gelowiges in die eerste eeu sou gesê het dat hulle nie afvallig kan raak nie omdat dit hopeloos sou wees om terug te keer na Judaïsme, (die Tempel was op die punt van vernietiging ens.) en hulle moet bly waar hulle is.
Hulle beweer dat dit geskrywe was voor die vernietiging van die Tempel en so was dit van toepassing net op hierdie gelowige Jode en dat die verwoesting van die Tempel verhoed het dat hulle kon terugkeer, daar word nie gepraat van gelowiges wat hulle redding kan verloor nie.
As dit die geval was dan was die woord “apostasia”–“om weg te val”, maar dit is nie die woord nie. Dit beteken “om nie te lewe volgens dieselfde standaard nie.”
Dit beskryf iemand wat gewoond was om ’n Christelike lewe te lei maar wat nou weg gedwaal het van sy geloof af. Hulle lewe dit net nie meer nie. Dit pas presies in die konteks.
Hebreërs 6 open met: Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie.” (“Therefore leaving the elementary principles.”)
Wanneer jy mense sien wat na 10 jaar, 20 jaar of self 50 jaar nog steeds baba voedsel eet, dan moet jy weet dit is nie normaal of gesond nie. Wanneer mense stagnant raak in hulle Christelike lewe en nie opgroei in genade of kennis van die Woord nie, wie se karakter nie verander het na die Beeld van God in die Beeld en Gelykenis van Jesus nie, dan is hulle sekerlik mense wat terug geval het.
Toe ek ’n klein seuntjie was- was daar ’n Bob Dylon lied en een van die lyne het gesê: “Hy wat nie besig is om gebore te word nie is besig om dood te gaan”. Dit is iets soos dit.
As ons nie vooruit gaan nie dan gaan ons agteruit. Die woord hier vir om “weg te val” is nie apostasia nie, dit is nie die mens wat weggeval het van hulle geloof af nie, daar word nie gepraat van mense wat sê, “Ek glo nie meer aan die Bybel nie, ek glo ook nie meer aan Jesus nie.”
“Apostasia”, dit kan dit beteken maar dit is nie “apostasia nie.”
Weereens, hierdie woord beteken: Ek het nie weg beweeg van my geloof af nie, ek glo dit nog steed”--Maar die probleem is hulle lewe dit nie meer nie. En so, om dit nie te lewe nie het hulle in ‘n vorm van sonde verval wat baie slegter is as voordat hulle tot redding gekom het.
Ons kan nie die Here Jesus ontmoet en dieselfde persoon bly nie; ons gaan of ’n baie beter mens wees of baie slegter. Die feit is, iemand kan nie gered word en dieselfde mens bly nie.
Hulle kan nie kom en die Here smaak nie- hulle kan nie deelgenote in die Heilige Gees wees nie, ’n voorsmaak van die hemelse ondervinding en dieselfde persoon bly nie. Hulle gaan of op die goeie weg of op ’n ander weg wat baie sleg is. Die skrywer van Hebreërs gebruik die woord “anastaurountas” hier wat beteken- “Om weer gekruisig te word,” ’n uitdrukking van veragting vir wat Christus gedoen het.
Wanneer jy mense sien wat een standaard nastreef en daarvan begin afwyk na ’n ander standaard terwyl hulle daarop aanspraak maak dat hulle nog steed glo, dan is hulle slegter af as wat hulle gewees het voordat hulle tot die geloof gekom het. Hier word gepraat van terug gevalle mense.
Onopsetlike Sonde versus Opsetlike Sonde.
“Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het- (Dit klink soos Christene, is dit nie?) om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.” (Heb. 6:4-7)
As mense glo en terugval dan kan hulle nie weer tot bekering kom en terugkeer nie. Die Grieks het nie ’n teenwoordige tyd soos wat ons in die Engels het nie. Dit is teenwoordig aaneenlopend aktief. In 1 Joh. 3:9 lees ons dat hy wat uit God gebore is sondig nie meer nie, dit beteken nie dat Christene nie in sonde kan val nie, dit betekenis hier dat hulle nie sonde beoefen nie.
Omdat hy hier vir die Jode skryf het te doen met die Levitiese mentaliteit van die Tora. Die Tora het ’n voorsiening vir onopsetlike sonde, maar dit het nie ’n voorsiening vir aanhoudende of opsetlike sonde nie. Die Tora in Levitikus het ’n voorsiening vir onopsetlike sonde.
Daar is twee Hebreeuse woorde vir sonde en twee Griekse woorde vir sonde. Die twee basiese Hebreeuse woorde vir sonde is “chet” en “tesha.” Een beteken “om die teiken te mis” soos om ’n pyl na die teiken te skiet, letterlik om “nie vêr genoeg te skiet nie”, die ander een is om te vêr te gaan. Ons kan sondig deur om nie God se standaarde te handhaaf nie of om dit te oorskry. Die Grieks ekwivalente is “hamartano” en “harmatia.” Levitikus het ’n voorsiening vir onopsetlike sonde, om ’n opsetlike sonde te regverdig. Ons noem dit “barut” in Hebreeus.
Op Yom Kippur maak die Hoë Priester ’n versoening vir ons onwetende sonde. Maar daar is geen voorsiening vir mense wat in moedswillige sonde lewe nie, ook nie onder die Tora nie. “Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het,-” (Hulle het Jesus gesien.)
Hulle het deel gehad aan die hemelse gawes, deelgenote van die Gees en die goeie Woord van God en die kragte van die toekomstige eeu gesmaak het. (Hulle het dit gesmaak.)—en toe weggeval. Iemand kan nie wegval van iets wat hulle nog nooit deel van was nie.
Die ander argument kom van Johannes Calvin in sy Institutes, boek 3, hoofstuk 2, paragraaf 11.
Hy stel dit so: Hulle het net ’n glinstering van die lig gesien; hulle het die Evangelie gehoor toe dit gepreek was, hulle het dit verstaan en hulle het geweet dit was die waarheid, maar hulle het dit net oppervlakkig gesmaak en nie toegewyd voluit voort gegaan nie.
Eerstens, die teks kwalifiseer dit nie, dit is nie ’n “flikker” lig nie, dit is nie wat die woord beteken nie. As ons na die teks kyk in sy konteks, dan was dit mense wat die waarheid geken het.
Ons kan nie “doreas” die “gawe” van die ewige lewe van God (vers 4)– van Jesus Christus ontvang as ons nie gered is nie. Niemand kan hierdie gawe ontvang as hy nie gered is nie. Calvyn was absoluut verkeerd.
Soos wat ek gesê het, ons sal oordrewe losbandige Calviniste kry wat dink dat omdat iemand iewers ‘n ware oorgawe gemaak het dat hulle maar kan aangaan en in sonde lewe soos wat hulle wil. Dit is nie algemeen nie, maar daar is van hulle wat dit glo.
Afval in die Laaste Dae.
Hebreërs 10 plaas dit in ’n eskatologiese konteks en verbind dit met ekklesiologie– die Gemeente- Kerk. “--en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.” (Heb. 10:25)
Hier word “val k’homer,” gebruik. Die eerste van die Midoth van Rabbi Hallel in Midrasj.
Wat waar is in ’n ligte situasie word baie waar in ’n moeilike situasie. Met ander woorde, gemeenskap is altyd belangrik, maar in die Laaste Dae word dit baie belangrik. As ons nie saam kan staan nie dan sal ons ook nie alleen kan staan nie. Deur om dit so te sien sal ons begin verstaan waarom daar ’n spesifieke rede is vir afval in die Laaste Dae. Jesus sê baie sal wegval en mekaar verloën (Mat. 26:31) Afval s altyd moontlik maar in die Laaste Dae word dit baie moontlik.
Een van die baie belangrike dinge in God se ekonomie in verband met afval is gemeenskap—Christene wat mekaar ondersteun, om aanmekaar vas ge sement te wees. Wanneer jy mense kry wat buite gemeenskap van ander Christene probeer lewe dan is dit ’n direkte refleksie dat hulle buite gemeenskap met die Here is. Iets is verkeerd. Dit maak nie saak of daar 5 of 6 mense in ’n huis of 500-600 mense in ’n kerk saamkom nie, wat saak maak is waar God jou wil hê. As dit iets buite ons beheer is en nie ons fout is nie (soos ons is die enigste Christene in ’n dorpie in Saudi-Arabië), dit is iets heel anders. God sal hierdie gelowiges deursien. Maar vir ons, wanneer jy mense kry wat buite gemeenskap staan, dan sien jy mense wat moeilikheid soek.
Gnosis versus Epi gnosis.
Dit is nie per toeval dat dit die inleiding van Hebreërs 10:26 is nie: “Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,”-“Hekousios”–“opsetlik.” Hy vat dit terug na die Levitiese konsep dat daar net voorsiening is vir onwetende sonde. Maar dan sê hy iets anders: “hemon”– “as ons.” Hy plaas homself in die situasie. Die skrywer van Hebreërs het nie net vir ander mense gepreek nie; hy het homself ook daaraan herinner.
Maar dan gaan hy aan en sê iets meer.---die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,”- “Tes alatheias” beteken “die liggaam van die waarheid.” En die woord vir “kennis” is nie die gewone woord “gnosis” nie. Maar- “epignosis”- dit beteken nie dat ons nie “’n” waarheid oor iets ken nie. Maar dat ons die hele liggaam van die waarheid oor iets ken. Hierdie was nie mense wat net die een aspek van die Christen lewe van redding verstaan het nie; dit was mense wat die hele panorama verstaan het.
Jy kan vir iemand sê: “Jesus het vir ons sondes gesterf om vir ons die ewige lewe te gee.” Iemand kan “weet”-dit is “gnosis.” Maar wanneer hulle sê, “Jesus het ons geroep om saam met Hom te sterf en ons het nuwe skepsels soos Hy geword soos toe Hy uit die dood opgestaan het.” En wanneer hulle sê, “Sy Gees sal by ons inwoon en vir ons die krag gee om die begeertes van die vlees te kan oorkom.” En wanneer hulle sê: en-“Die Bybel is die onfeilbare Woord van God en die Heilige Gees verklaar dit vir ons en gee vir ons krag om dit te lewe en dit is die standaard wat ons moet volg, of wanneer hulle begin sê dat redding al hierdie ander dinge beteken, dan is dit nie “gnosis,” nie maar “epi gnosis.” Hierdie was nie mense wat net iets gehoor het oor die Evangelie nie, dit was mense wat dit werklik verstaan en geken het en hulle het die volle liggaam van die waarheid geken– “tes alatheias.”
’n Punt van Geen Terugkeer
“-- maar 'n verskriklike verwagting van oordeel en 'n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer. As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie; hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het? (Heb.10:27-29)
Neem kennis van die frase- “en die Gees van genade gesmaad hê.” Dit kan aanleiding gee tot op die punt waar hulle die Heilige Gees laster. ’n Ongeredde terug gevalle persoon kan ’n punt bereik waar hy die Heilige Gees laster. Dit is presies wat hier gesê word. Ons sal ’n paar draaie moet maak as ons wil sê dat dit met ongeredde mense te doen het.
“Katapateo”–“onder voete vertrap” “Koinos hegeomenos”– wat letterlik beteken om Jesus se Bloed te sien as iets gewoon, en die woord hier is- “enubrizo”– “insolence,” onbeskoftheid, om onbeskof te wees teenoor die Gees van God.
Ja, daar is ’n onvergeefbaie sonde. Hebreërs 6 en 10 verbind ons direk met ’n onvergeefbare terug gevalle persoon wat tot by die punt gekom het waar hy begin het om die Heilige Gees te laster. Hebreërs 6 praat van die moontlikheid van ‘n onbekeerde terug gevalle persoon om hierdie sonde te pleeg. Hebreërs 10 beklemtoon dieselfde punt en sê dit is wat gaan gebeur.
Daar is ’n punt van geen terugkeer. Gaan terug na die illustrasie van die pottebakker: Hy breek dit, doen dit oor, breek dit, doen dit oor maar uiteindelik gee tot die pottebakker op. Dit is nie in die Skrifte om iemand te ontmoedig nie, maar dit is om seker te maak dat ons verstaan waarin ons kan val en dat ons dit waarin God ons geroep het om te doen nie ligtelik sal opneem nie.
Dit is nie om af te skei van die Here nie, dit is nie “apostasia” nie, hierdie skeiding is om weg te draai van God se standaard af.
Die hele tema van Judas se brief is oor terug gevalle Christene in die kerk. Daar is net soveel terug gevalle mense in die kerk as buite die kerk. Die Skrifte sê dat ’n terug gevalle persoon in sy hart vol van sy eie dinge is. (Pred. 14:14).
Hebreërs 28: 10 sê dat dit vat “twee of drie getuienis” in die Wet van Moses om die doodstraf te bekragtig. Dit sal baie slegter gaan met diegene wat sê hulle is Christene omdat Israel nie dit gehad het wat ons het nie.
“Athetesas” beteken om te “skend.” “Dokeite”–“dink jy” in Grieks is dit hoogdrawend, om ’n retoriese vraag te vra beteken jy ken alreeds die antwoord. As dit is wat in die Wet van Moses gebeur het toe hulle nie eers Jesus gehad het nie, of die bloedoffer wat ons gehad het, as dit is wat gebeur het met mense wat dit onder die Tora gedoen het, wat dink ons gaan met ons gebeur as ons hierdie rigting inslaan? Hy gee vir ons ’n waarskuwing, maar hy los dit nie daar nie; hy begin om die nodigheid vir lydsaamheid te beklemtoon.
Vaste Vertroue in samewerking met Lydsaamheid.
“Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry.” (Heb. 10:36)
Hoe gaan ons volhard? Hou die reddingsbaadjie aan en hou aan swem. “O, maar ons is gered deur geloof deur genade!” Dit is waar, maar wat is geloof? Hebr. 11:1- “geloof” is die “hupostasis”—die “vaste vertroue van dinge wat ons hoop.” In die Bybel is hoop gelyk aan ‘n toekomstige feit.” Ek waarborg julle dat as ons aanhou om Jesus te volg dat sal ons Hemel toe gaan. Ek waarborg julle dat as julle nie die reddingsbaadjie uittrek nie dan sal julle nie verdrink nie. Dit is nie dat ek hoop dat ons nie sal verdrink nie, ek waarborg julle ons sal nie verdrink as ons die reddingsbaadjie aanhou nie. Ek waarborg julle dat as ons aanhou om Jesus te volg dan sal ons hemel toe gaan. Dit is die manier waarop jy verewig verseker kan wees van jou saligheid. Maar as dit nie so is nie dan speel ons met vuur. En daar is verseker sekere mense vandag wat met vuur speel.
Daar is nie ’n manier wat ons soos die Calviniste kan sê dit is net van toepassing op mense wat die Evangelie gehoor het en tot by ’n sekere stadium in hulle lewe gekom het en dan onttrek het. Dit is eenvoudig nie so nie. Jy het ’n “dorea.” Daar is geen manier dat ons kan sê dat dit net Joodse gelowiges is wat nie kan terugkeer na die Wet nie. Hier word gepraat van mense wat kan terugval, wat kan wegbeweeg van God se standaard. Hulle sal baie draaie met die teks moet maak in plaas van om die Skrif toe te laat om te sê wat dit beteken en beteken wat dit sê.
Toerekenbare Regverdigheid
Calviniste sal jou vertel dat regverdigheid toerekenbaar is, so ons sal moet verstaan wat toerekenbaar (imputation) beteken, dit is ’n interessante term.
“Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?” (Rom. 6:1–2)
Paulus verstaan dat toerekenbare regverdigheid misverstaan kan word.
Daar was mense in die Griekse kerke wat geglo het dat net die nuwe skepping saak maak en dit maak nie saak wat die ou skepping doen nie hulle kan maar aangaan en lewe soos hulle wil in die ou skepping en aangaan om te sondig en nog steeds gered wees. Kyk wat sê Paulus, hy skryf aan gelowiges. So, vir die wat glo aan ’n onvoorwaardelike eenmaal gered altyd gered idee” sal sê, “As hulle teruggaan en in sonde verval dan beteken dit hulle was nooit gered om mee te begin nie; hulle was nooit regtig weergebore om mee te begin nie. Hulle het ’n leë of ’n valse belydenis gemaak of hulle het ’n soortvan ondervinding gehad, maar hulle was nooit waarlik gered nie.
Dit beteken sekerlik nie Hebreërs 6 en sekerlik ook nie Hebreërs 10 nie. Kyk na die Verlore Seun (Luk. 15:11-32). Daar is verskeie verklarings. (Die rabbis sê ’n gelykenis kan tot 70 verskillende verklarings hê, veelvuldige verklarings) Een van die verklarings is die van ’n terug gevalle persoon. ’n Terug gevalle persoon sal eindig soos die Verlore Seun en in geloof en vernedering terugkeer na sy vader. Wanneer ’n terug gevalle terugkeer dan sal die Vader hom vergewe en hom terugneem, maar hy moet terugkeer. En wat sê die Vader? “Hierdie broer van jou was dood” (Luk. 15:32). Hy was dood! “Hoe is dit dan toegereken toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene.” (Rom. 4:10)
Kom ons kyk na die idee van toerekenbaarheid. In Romeine 4 gebruik Paulus die woord- “elogisthe.” Ons kry die woord toerekenbaarheid in die Latynse Vulgaat, “imputate.” Die Hebreeus is “chashab,” wat “reken” beteken.” Dit is nie asof dit regtig vir ons gegee is nie, maar het te doen met “dink”. God neem dit in berekening. Toe Jesus aan die kruis vir ons sondes gesterf het, het God Sy regverdigheid gevat en dit op ons gesit en ons sondes is op Hom geplaas. Alhoewel Hy geregverdig was, was ongeregtigheid aan die kruis aan Hom toegereken. En alhoewel ons ongeregverdig is, is Sy regverdigheid aan ons toegereken wanneer ons na die kruis toe gaan. Ja, geregtigheid is toerekenbaar, Abraham het in God geglo en dit is vir hom as geregtigheid toegereken (Gal. 3:6; Jak. 2:23).
Maar wat gebeur dan?. Ja, die Geregtigheid is toerekenbaar, maar nie die vrugte nie. Die vrug van die Gees kan nie toegereken word nie en die vrug van die Gees kan ook nie toegeskryf word nie. Ons is geroep om te bewys ons is Sy dissipels.
Oorwinnaars
“Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.” (Op.3:21–22)
Om hemel toe te gaan moet jy ’n oorwinnaar wees. Ons kan nie deur ons eie krag en ons eie geregtigheid oorwin nie; dit moet die geregtigheid en krag van Jesus wees. Hy doen dit vir ons. Ons kan nie oor die kanaal in ’n storm in ons eie krag swem nie, iemand moet vir ons ’n reddings baadjie gee, maar wanneer iemand vir ons die krag gee dan moet ons dit in werking stel. Net soos die voorbeeld van Donnie se vliegtuig.
Die hemel is vir die oorwinnaars, God sal vir ons die genade en die wil en ook dit wat ons nodig het gee om dit te doen, Hy gee ook vir ons ’n vrye wil om ’n keuse te maak. Toe ons tot redding gekom het, het die Here ons vrye wil vir ons terug gegee.
“Salig is die wat sy gebooie doen sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad. Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.” (Op. 22:14-15)
(“Geseënd is die wat hulle klere was.” (83 AV)
Daar is sommige mense wat hulle klere was, maar die Bybel praat van diegene wat hulle klere weer vuilmaak. Ons kan altyd teruggaan na die Bloed van die Lam en ons klere was, maar om die kleed uit te trek, figuurlik, is soos die jong man wat kaal geloop het toe hulle Jesus gevangene geneem is (Mark.14: 51-52). Toe verdrukking kom het hy weggehardloop en sy kleed van redding verloor.
Terug na die sewe kerke in Openbaring, Jesus sê: “--Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.” (Op. 2:11) Hier word gepraat van weergebore Christene, Jesus sê vir Christene dat as hulle oorwin sal hulle nie skade ly deur die tweede dood nie. Hier is dit duidelik dat daar ’n moontlikheid bestaan het dat hierdie mense verlore kon gaan.
“Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.” (Op. 3:5)
Jesus sê daar is mense wie se name uit die Boek van die Lewe uitgewis kan word. Die vraag is nou, hoe kan enige iemand logies verduidelik hoe ’n persoon se naam uit die Boek van die Lewe uitgewis kan word as sy naam nooit in die Boek van die Lewe geskrywe was nie?
Oproep om dinge Uit te Werk
“En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.” (Mat. 25:30) Ons het almal ’n sekere aantal talente ontvang wat altyd in lyn is met dit wat ons kan doen. (Mat. 25:15). Wanneer Jesus terugkeer dan het mense wat hulle talente begrawe het ’n probleem. Die wat die grootste belonings ontvang het sal belêers wees, maar Hy sal net tevrede wees met niks minder as mense wat wins draers is. Mense wat hulle talente begrawe het is mense wat teruggeval het; hulle beoefen ’n godsdiens in plaas van ware Christelikeid. As jy ’n lewende verhouding met Jesus het, dan sal Hy jou talente gebruik.
Vir baie jare het ek ’n gemeente in Israel gelei en ek was baie aktief in Evangelisasie, maar ek het ’n dag werkie gehad. Israel het ’n ses dae week. Dit was nie maklik om ‘n dag werkie en ’n familie en ’n bediening te behartig nie. Ek weet hoe moeilik dit is, maar ek het dit gedoen omdat God vir my die genade en ’n wil gee het om dit te kan doen. Daar is baie leiers wat op kansels sal opstaan en vir mense vertel wat hulle moet doen, so asof ons die feit moet ignoreer dat hulle betaal word om dit te doen.
Hulle weet nie wat dit beteken om na ’n kantoor toe te gaan nie, of om in die middel van die nag op te staan of om na ’n besigheid om te sien nie. Ek dank God vir al hierdie jare en jare toe ek ’n tentmaker was. As ek nie nodig gehad het om so baie rond te reis nie dan sou ek vandag nog ’n tentmaker wou wees. Ek sou graag ’n wêreldse werk wou gehad het maar wat dit op neerkom is om vrug te dra. Tot Paulus in die tronk was, was hy besig om die vrug te dra.
Leer die Les.
“Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see,” (1Kor. 10:1-2)
Wat Paulus hier doen is, hy gebruik die Eksodus ondervinding as ’n tipe om ons redding te verduidelik. Om uit Egipte te kom is om uit die wêreld te kom; Om deur die water te gaan is die doop ens. Die Eksodus is ’n beeld van ons redding.—“--en almal dieselfde geestelike spys geëet het, en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit 'n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus. Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn.
En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie. En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel. En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval.-- Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as 'n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom hê.” (1 Kor. 10:3-8,11)
Hierdie dinge het met die Hebreërs van ouds gebeur en is in die Bybel vir ons neergeskryf sodat ons nie dieselfde foute moet maak nie. Wat het hulle gedoen? Hulle het van die rots gedrink wat Christus was maar hulle was afgode dienaars en hulle was immoreel. Hoekom is ons gewaarsku om nie soos hulle te wees nie? Weereens, wat sê Openbaring 22:14-15? Buite is diegene wat immoreel is en afgode dienaars is, hulle gaan Hel toe. Dit is presies wat die Nuwe Testament sê.
Van Een Onderdrukking na die Ander.
Hoe mense uit die Bybel by hierdie on kondisionele “eenmaal gered altyd gered idee uitkom weet ek nie. Ek weet hoe hulle probeer om die leuens van die Roomse Katolieke teen te werk wat sê mense kan werk vir hulle redding. Mense word in gebondenheid gehou deur om te dink dat hulle verlore kan gaan omdat hulle ’n sogenaamde sonde tot die dood gepleeg het. Ek kan verstaan dat hulle probeer het om mense vry te maak van hierdie soort van onderdrukking. Maar wanneer hulle na die teenoorgestelde uiterste beweeg en beweer dat daar nie ’n keuse is om gered te word of nie, dan plaas hulle mense onder ’n nog swaarder onderdrukking.
Wanneer vir mense vertel word dat hulle nie ’n vrye wil het nie, dat Jesus nie hulle vrye teruggegee het toe hulle weergebore is nie en dit nie aanvaar kan word dat Hy hulle bemagtig het om ’n keuse te maak nie- as jy nie een van die Uitverkorenes is nie, dan gaan jy Hom nie kies nie, die resultaat hiervan is dat dit mense onder ’n nog swaarder onderdrukking plaas.
Nog meer, hulle lei mense om sonde te onderdruk omdat hulle ontken dat ons as herstelde gelowiges ’n vrye wil het wat ongeredde mense nie het om sonde te weerstaan nie. Jesus red ons nie in ons sonde nie, Hy red ons van ons sonde. Hy het nooit gekom om ons in ons sondes te red nie, Hy het gekom om ons van ons sondes te red.
Wanneer ons mense sien wat volhard in sonde en erken dat hulle in sonde lewe en dinge sê soos: “Ek gaan saam met hierdie ongeredde vrou bly lewe,” of-“Ek sal nie ophou om alkohol te misbruik nie.” “Ek sal bly lewe soos ek wil en ek sal nog steeds Sondae kerk toe gaan. Dit is mense wat nie gered is nie, hulle is verblind om te dink dat hulle in hierdie dinge gered is.
Sonder Heiligmaking sal geen mens God sien nie. (Eph. 1:4, 5:27; 1 Pet. 1:15). “Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?” (Jak. 2:20)
Om saam te vat
Klein Donnie se model vliegtuig is niks werd nie tensy hy dit uitwerk. Die lewens beskermer is nutteloos as jy dit nie aantrek en begin swem nie. Ja, dit is ’n gawe. Ja, dit is verniet. Ja, jy kan dit nie verdien nie. Ja, die Here doen iets vir ons wat ons nooit vir onsself kan doen nie.
Ja, Hy kies ons. Ja, Hy wys vir ons Sy onverdiende genade. Maar Hy gee vir ons die potensiaal terug om ’n keuse te maak wat ons nie gehad het nie.
Ons is dood, onmagtig om met God te praat en Hy verkwik ons. Hy gee vir ons genoeg lig van dit wat ons in die Val verloor het om Hom te sien as die Waarheid en die Redding. Dit is vir ons om te besluit om ag te gee op hierdie oproep. Dit is die balans.
Die idee dat ons nie in sonde gebore is nie, soos wat Palagius sê, is ketters. Charles Finney was ook deel van hierdie dwaling alhoewel hy erken het dat ons sonde het. Nee, ons almal het gesondig en ons kan nie God kies nie as gevolg van ons sonde, maar Hy tree tussenbeide in die Persoon van Jesus en Hy skep vir ons die moontlikheid om ’n keuse te maak wat ons nooit kon gemaak het nie.
Ons moet die keuse maak en wanneer ons die keuse gemaak het dan gee Hy ook vir ons die vermoë om dit uit te lewe, maar ons moet hierdie keuse maak. Ons het ons vrye wil verloor as gevolg van die Sondeval van die mens. Almal vanaf Adam het hulle vrye wil verloor en Jesus het gekom om dit terug te gee. Calvinisme ontken dit.
Met alle respek vir my Calvinistiese broeders, met alle respek vir die Hervormde kerke en al die baie dinge wat die Hervormde Christene gedoen het. Met alle respek vir die Pelgrim vaders en die Puriteinse vaders wat ek lief het, wanneer dit kom by ewige versekering, dan stem ek saam dat ons verewig in Christus verseker is. Maak net seker jy bly daarin.
God Seën †††
Jacob Prasch