Diegene Wat nie Vernuwe Kan word Nie.
Ons het net een soort sonde waar mense nie vernuwe kan word nie en dit is lastering van die Heilige Gees. In konteks het Laster van die Heilige Gees te doen met die Fariseërs of die godsdienstige leiers in Jesus se tyd waar hulle dinge wat hulle verseker weet van God afkom toeskryf as van Satan.
Hulle weet dit was van God; hulle het nie gedink dat dit van God is nie, hulle het dit geweet dit was van God. In die gelykenis van die Druiwe boord word duidelik in Mattheus gesê: Hulle het geweet dat Jesus in die gelykenis van hulle praat. (Mt. 21:45). So, hulle het geweet dit was God, maar dan omdat hulle geweet het dit was van God en dit aan Satan op so ‘n manier toegeskryf het dat dit mense mislei het weg van God se genade en redding af. Dit is baie bedorwe.
Dit is mense wat weet dat iets van God afkom maar dit vir hulle eie doel op so wyse misbruik dat dit mense weg lei van die waarheid af en verlore gaan. In konteks is dit ’n beskrywing van onvergeeflike sonde.
Ons weet nie by watter punt die Heilige Gees iemand verlaat nie en ‘n terug gevalle persoon weet nie wanneer dit gebeur nie. Toe Koning Saul sy eie lewe gekies het, het hy nie geweet dat die Gees hom verlaat het nie, en wat meer is hy het nog aangegaan om te profeteer. Onthou, die gawe en roeping van God gaan aan sonder bekering. (Rom. 11:29) Die Gees mag miskien op hom gewees het soos met die uitstorting van die Gees, maar nie meer in hom nie.
Here het ons nie in U Naam dit en dat gedoen nie? Gaan weg Ek het julle nooit geken nie! (Mat. 7:21-23).
Ons weet nie wanneer dit gebeur nie, maar daar is ’n moontlikheid vir iemand om so vêr terug te val dat hy nie meer sy sonde kan bely nie, dat hy nie meer na Jesus toe wil gaan nie, dat hulle by ’n punt gekom het waar hulle die Heilige Gees laster. Die Heilige Gees kla terug gevalle mense sonder ophou aan. Wanneer iemand van die Here af wegval dan het hulle geen vrede in die Here nie en geen vrede in hulle gebeds lewe nie, hulle het geen vrede in enige iets nie.
Hulle hou aan teëstribbel en teëstribbel en uiteindelik sal hulle nie gered word nie, mense wat so vêr terugval dat hulle nie kan terugkeer nie. Dit kan gebeur, hulle kan die punt bereik. Dit is nie maklik nie, maar daar is mense wat al so vêr teruggeval het, wat die waarheid ken maar wat hulle vroue verbied om hulle kinders kerk toe laat gaan. Mense wat die waarheid ken en wat hulle kinders weghou van die waarheid af. Dit is ’n gruwelike soort sonde. Daar bestaan ’n basis om dit te assosieer met Laster van die Heilige Gees.
Hulle sien die Lig.
In die geval van diegene wat eens op ’n tyd verlig was–“phoristhentas” is die Griekse woord.
Die idee is dat hulle die “lig gesien het”, of na die “lig gekom het.” Dit is nie ’n soortvan abstrakte ding nie; hulle weet presies wat dit is.
“Adonaton gan tous hapax phoristhentas genomentous te tes doreas tes epouranion kai metoxis genethentas pneumatos hagion.” (Heb. 6:4)
“- wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe (“doreas”), -gesmaak het”—Nie regtig ’n hemelse ondervinding nie, maar “die hemelse”—“en die Heilige Gees deelagtig geword het,”
Dit is nie dat hulle geword het nie, maar dit is iets wat aangaan (Aaneenlopend aktief teenwoordig.) Om so te word was ’n resultaat van “die Gees.”
Daar is geen manier dat hierdie mense, wat werklik die Heilige Gees ondervind het en hulle hemelse einddoel aanskou het, dat hulle nie gelowiges was nie. Dit gaan oor gelowiges, mense wat waarlik gered was. Hulle het na die lig gekom- “phoristhentas.” “Ek het die lig gesien.”
“Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.” (Hand. 22:9)
Hulle het dit Gesmaak.
As gevolg daarvan dat hulle na Jesus gekom het gebeur iets anders: Hulle ondervind iets daarvan. Die Grieks is “gensomenous theon”–“Hulle het die goeie gesmaak.” Wat hierdie teks basies doen is, dit verwys na Psalm 34:8. “Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!”
Daar is mense wat dit werklik gesmaak het. In Heb. 6, vir die een wat die Here gesmaak het is daar ’n Griekse term “theon rema”–hulle het die “woord” gesmaak. Maar dit is nie die logos nie, maar die “rema”
Daar is basie twee terms vir die “woord” van God in die Nuwe Testament in Grieks: rema en logos. Hulle is basies sinoniem. Ons kan nie die soort onderskeiding maak wat sekere mense maak nie. Daar is mense wat sê die logos is die gedrukte “woord” en die “rema” is ’n soortvan persoonlike openbaring van die Gees. Dit is nie waar nie.
Wat ons kan sê is dat die logos objektief is. Die Bybel is die Woord van God en Jesus is Jesus en dit is Hy in gedrukte teks. Maar die “rema” is wat dit word in ’n ondervinding realiteit wanneer dit die waarheid word in ons lewe. Jesus is Jesus; Hy is die “Logos” en wanneer die Logos na ons toe kom in ‘n persoonlike wyse dan word die Bybel werklik lewend, en dit die term wat hier gebruik word.
“Logos tos Theo” is die term in Heb. 4:12 waarop die outeur bou tot en met Heb. 6.
“Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.” (Heb. 4:12)
Die woord hier is nie “logos” nie, dit is ’n persoonlike ontmoeting. Met ander woorde iemand kan ’n akademiese teoloog, ’n geleerde wat Grieks en Hebreeus goed ken wees, maar hy is nie weergebore nie. Hy kan die logos op ’n manier hê, maar die logos sal nog nie ’n persoonlike ondervinding in sy lewe wees nie; daar sal nie “rema,” en geen openbaring wees nie, basies net intellektueel.
Die Bybel in die hand van so ’n man is nutteloos. Dit is altyd iemand met die Gees van God in hom wat ’n deelgenoot van die Heilige Gees is. Dit is wat die outeur van Hebreërs hier sê.
As iemand ’n deelgenoot van die Heilige Gees is, die subjektiewe waarheid—die “logos” wat nou die “rema” geword het.
Hulle Was Deelgenote
Daar is mense wat regtig tot ’n soort van persoonlike ondervinding en geloof in Jesus gekom het: “Deelgenote”–“metochous genethentas.” In Luk. 5:7 word hierdie woord normaalweg in die Engelse Bybels vertaal as “broeders / kamerade.” Met ander woorde hulle was een van ons. Hulle was nie mense wat nog nooit een van ons was nie, hulle was een van ons. Hulle was gered en het deel gehad aan “die hemelse gawe” –“tes doreas tes epouranion.”
Ons kry dit in net een plek in die Bybel in hierdie spesifieke frase, die woord “charism”–“grace,” word nie gebruik nie, maar “doreas.” Ons kan sê dat God se genade op ’n manier vir alle mense is; Hy is goedgunstig teenoor alle mense, tot met ongeredde mense. Maar dit is nie die woord “charism” nie, dit is nie daardie soort genade nie. Dit is “doreas,” die gawe van redding. Dit is God se groot on- vertelde reddende gawe van die kennis van die waarheid. Dit is meer as die algemene tipe van genade wat God vir alle mense gee.
Die rede waarom hierdie punt uitgewys word is dat Calviniste van die Calvyn instellings probeer sê dat dit sou beteken dat hulle nie almal al die pad gekom het nie, maar net halfpad, maar die teks ondersteun dit nie. Calviniste doen wat baie mense doen: hulle begin met ’n veronderstelling en dan moet hulle die teks aanpas om hulle veronderstelling te kwalifiseer. Maar dit is nie wat hierdie teks in sy konteks op enige manier ondersteun nie. Dit is mense wat die Here ken.
Hulle Val Terug
Dan lees ons in vers 6 dat hulle betrokke raak in afval- hulle beweeg weg. Hierdie woord vir afval (apostasy) of as hulle weggeval het, is nie “apostasia”nie. Dit is iets anders. Dit is ’n ander Griekse woord, ’n Griekse kondisionele uitdrukking in die partisipium - deelwoord. “parapesontas.” Dit gaan teen die volgende argument.
Daar is die argument dat hierdie mense gelowige Jode was en dat die skrywer van Hebreërs vir hulle gesê het dat daar geen manier was dat hulle kon terugkeer na Judaïsme nie, dit was onmoontlik omdat daar nie meer ’n offer is buite waar hulle is nie (Soos wat Hebreërs 10 dit verduidelik) en dit beteken dat hulle moet bly waar hulle is.
Wanneer ons dit in konteks lees dan het dit absoluut niks te doen met iemand wat nie kan verval nie, maar dit is ’n argument wat sommige mense probeer intrek. As die woord “apostasia was,” sou dit een ding gewees het, maar dit is nie apostasia nie, dit is “parapesontas.” “Parapesontas” gaan direk daarteen; dit beteken iets heel anders. Dit beteken om “weg te val van ’n standaard af.” “Apostasia” kom van ’n heel ander Griekse woord af.
Die Griekse wortel van apostasia beteken “om af te dwaal, weg te val”. Iemand was hier maar nou is hy weg. Hierdie woord vir “om weg te val beskryf nie iemand wat opgehou het om te glo nie, maar iemand wat opgehou het om dit te lewe.
Hulle argument is dat dit vir Jode geskrywe was en dat hy vir die Joodse gelowiges in die eerste eeu sou gesê het dat hulle nie afvallig kan raak nie omdat dit hopeloos sou wees om terug te keer na Judaïsme, (die Tempel was op die punt van vernietiging ens.) en hulle moet bly waar hulle is.
Hulle beweer dat dit geskrywe was voor die vernietiging van die Tempel en so was dit van toepassing net op hierdie gelowige Jode en dat die verwoesting van die Tempel verhoed het dat hulle kon terugkeer, daar word nie gepraat van gelowiges wat hulle redding kan verloor nie.
As dit die geval was dan was die woord “apostasia”–“om weg te val”, maar dit is nie die woord nie. Dit beteken “om nie te lewe volgens dieselfde standaard nie.”
Dit beskryf iemand wat gewoond was om ’n Christelike lewe te lei maar wat nou weg gedwaal het van sy geloof af. Hulle lewe dit net nie meer nie. Dit pas presies in die konteks.
Hebreërs 6 open met: Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie.” (“Therefore leaving the elementary principles.”)
Wanneer jy mense sien wat na 10 jaar, 20 jaar of self 50 jaar nog steeds baba voedsel eet, dan moet jy weet dit is nie normaal of gesond nie. Wanneer mense stagnant raak in hulle Christelike lewe en nie opgroei in genade of kennis van die Woord nie, wie se karakter nie verander het na die Beeld van God in die Beeld en Gelykenis van Jesus nie, dan is hulle sekerlik mense wat terug geval het.
Toe ek ’n klein seuntjie was- was daar ’n Bob Dylon lied en een van die lyne het gesê: “Hy wat nie besig is om gebore te word nie is besig om dood te gaan”. Dit is iets soos dit.
As ons nie vooruit gaan nie dan gaan ons agteruit. Die woord hier vir om “weg te val” is nie apostasia nie, dit is nie die mens wat weggeval het van hulle geloof af nie, daar word nie gepraat van mense wat sê, “Ek glo nie meer aan die Bybel nie, ek glo ook nie meer aan Jesus nie.”
“Apostasia”, dit kan dit beteken maar dit is nie “apostasia nie.”
Weereens, hierdie woord beteken: Ek het nie weg beweeg van my geloof af nie, ek glo dit nog steed”--Maar die probleem is hulle lewe dit nie meer nie. En so, om dit nie te lewe nie het hulle in ‘n vorm van sonde verval wat baie slegter is as voordat hulle tot redding gekom het.
Ons kan nie die Here Jesus ontmoet en dieselfde persoon bly nie; ons gaan of ’n baie beter mens wees of baie slegter. Die feit is, iemand kan nie gered word en dieselfde mens bly nie.
Hulle kan nie kom en die Here smaak nie- hulle kan nie deelgenote in die Heilige Gees wees nie, ’n voorsmaak van die hemelse ondervinding en dieselfde persoon bly nie. Hulle gaan of op die goeie weg of op ’n ander weg wat baie sleg is. Die skrywer van Hebreërs gebruik die woord “anastaurountas” hier wat beteken- “Om weer gekruisig te word,” ’n uitdrukking van veragting vir wat Christus gedoen het.
Wanneer jy mense sien wat een standaard nastreef en daarvan begin afwyk na ’n ander standaard terwyl hulle daarop aanspraak maak dat hulle nog steed glo, dan is hulle slegter af as wat hulle gewees het voordat hulle tot die geloof gekom het. Hier word gepraat van terug gevalle mense.
Onopsetlike Sonde versus Opsetlike Sonde.
“Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het- (Dit klink soos Christene, is dit nie?) om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.” (Heb. 6:4-7)
As mense glo en terugval dan kan hulle nie weer tot bekering kom en terugkeer nie. Die Grieks het nie ’n teenwoordige tyd soos wat ons in die Engels het nie. Dit is teenwoordig aaneenlopend aktief. In 1 Joh. 3:9 lees ons dat hy wat uit God gebore is sondig nie meer nie, dit beteken nie dat Christene nie in sonde kan val nie, dit betekenis hier dat hulle nie sonde beoefen nie.
Omdat hy hier vir die Jode skryf het te doen met die Levitiese mentaliteit van die Tora. Die Tora het ’n voorsiening vir onopsetlike sonde, maar dit het nie ’n voorsiening vir aanhoudende of opsetlike sonde nie. Die Tora in Levitikus het ’n voorsiening vir onopsetlike sonde.
Daar is twee Hebreeuse woorde vir sonde en twee Griekse woorde vir sonde. Die twee basiese Hebreeuse woorde vir sonde is “chet” en “tesha.” Een beteken “om die teiken te mis” soos om ’n pyl na die teiken te skiet, letterlik om “nie vêr genoeg te skiet nie”, die ander een is om te vêr te gaan. Ons kan sondig deur om nie God se standaarde te handhaaf nie of om dit te oorskry. Die Grieks ekwivalente is “hamartano” en “harmatia.” Levitikus het ’n voorsiening vir onopsetlike sonde, om ’n opsetlike sonde te regverdig. Ons noem dit “barut” in Hebreeus.
Op Yom Kippur maak die Hoë Priester ’n versoening vir ons onwetende sonde. Maar daar is geen voorsiening vir mense wat in moedswillige sonde lewe nie, ook nie onder die Tora nie. “Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het,-” (Hulle het Jesus gesien.)
Hulle het deel gehad aan die hemelse gawes, deelgenote van die Gees en die goeie Woord van God en die kragte van die toekomstige eeu gesmaak het. (Hulle het dit gesmaak.)—en toe weggeval. Iemand kan nie wegval van iets wat hulle nog nooit deel van was nie.
Die ander argument kom van Johannes Calvin in sy Institutes, boek 3, hoofstuk 2, paragraaf 11.
Hy stel dit so: Hulle het net ’n glinstering van die lig gesien; hulle het die Evangelie gehoor toe dit gepreek was, hulle het dit verstaan en hulle het geweet dit was die waarheid, maar hulle het dit net oppervlakkig gesmaak en nie toegewyd voluit voort gegaan nie.
Eerstens, die teks kwalifiseer dit nie, dit is nie ’n “flikker” lig nie, dit is nie wat die woord beteken nie. As ons na die teks kyk in sy konteks, dan was dit mense wat die waarheid geken het.
Ons kan nie “doreas” die “gawe” van die ewige lewe van God (vers 4)– van Jesus Christus ontvang as ons nie gered is nie. Niemand kan hierdie gawe ontvang as hy nie gered is nie. Calvyn was absoluut verkeerd.
Soos wat ek gesê het, ons sal oordrewe losbandige Calviniste kry wat dink dat omdat iemand iewers ‘n ware oorgawe gemaak het dat hulle maar kan aangaan en in sonde lewe soos wat hulle wil. Dit is nie algemeen nie, maar daar is van hulle wat dit glo.
Afval in die Laaste Dae.
Hebreërs 10 plaas dit in ’n eskatologiese konteks en verbind dit met ekklesiologie– die Gemeente- Kerk. “--en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.” (Heb. 10:25)
Hier word “val k’homer,” gebruik. Die eerste van die Midoth van Rabbi Hallel in Midrasj.
Wat waar is in ’n ligte situasie word baie waar in ’n moeilike situasie. Met ander woorde, gemeenskap is altyd belangrik, maar in die Laaste Dae word dit baie belangrik. As ons nie saam kan staan nie dan sal ons ook nie alleen kan staan nie. Deur om dit so te sien sal ons begin verstaan waarom daar ’n spesifieke rede is vir afval in die Laaste Dae. Jesus sê baie sal wegval en mekaar verloën (Mat. 26:31) Afval s altyd moontlik maar in die Laaste Dae word dit baie moontlik.
Een van die baie belangrike dinge in God se ekonomie in verband met afval is gemeenskap—Christene wat mekaar ondersteun, om aanmekaar vas ge sement te wees. Wanneer jy mense kry wat buite gemeenskap van ander Christene probeer lewe dan is dit ’n direkte refleksie dat hulle buite gemeenskap met die Here is. Iets is verkeerd. Dit maak nie saak of daar 5 of 6 mense in ’n huis of 500-600 mense in ’n kerk saamkom nie, wat saak maak is waar God jou wil hê. As dit iets buite ons beheer is en nie ons fout is nie (soos ons is die enigste Christene in ’n dorpie in Saudi-Arabië), dit is iets heel anders. God sal hierdie gelowiges deursien. Maar vir ons, wanneer jy mense kry wat buite gemeenskap staan, dan sien jy mense wat moeilikheid soek.
Gnosis versus Epi gnosis.
Dit is nie per toeval dat dit die inleiding van Hebreërs 10:26 is nie: “Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,”-“Hekousios”–“opsetlik.” Hy vat dit terug na die Levitiese konsep dat daar net voorsiening is vir onwetende sonde. Maar dan sê hy iets anders: “hemon”– “as ons.” Hy plaas homself in die situasie. Die skrywer van Hebreërs het nie net vir ander mense gepreek nie; hy het homself ook daaraan herinner.
Maar dan gaan hy aan en sê iets meer.---die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,”- “Tes alatheias” beteken “die liggaam van die waarheid.” En die woord vir “kennis” is nie die gewone woord “gnosis” nie. Maar- “epignosis”- dit beteken nie dat ons nie “’n” waarheid oor iets ken nie. Maar dat ons die hele liggaam van die waarheid oor iets ken. Hierdie was nie mense wat net die een aspek van die Christen lewe van redding verstaan het nie; dit was mense wat die hele panorama verstaan het.
Jy kan vir iemand sê: “Jesus het vir ons sondes gesterf om vir ons die ewige lewe te gee.” Iemand kan “weet”-dit is “gnosis.” Maar wanneer hulle sê, “Jesus het ons geroep om saam met Hom te sterf en ons het nuwe skepsels soos Hy geword soos toe Hy uit die dood opgestaan het.” En wanneer hulle sê, “Sy Gees sal by ons inwoon en vir ons die krag gee om die begeertes van die vlees te kan oorkom.” En wanneer hulle sê: en-“Die Bybel is die onfeilbare Woord van God en die Heilige Gees verklaar dit vir ons en gee vir ons krag om dit te lewe en dit is die standaard wat ons moet volg, of wanneer hulle begin sê dat redding al hierdie ander dinge beteken, dan is dit nie “gnosis,” nie maar “epi gnosis.” Hierdie was nie mense wat net iets gehoor het oor die Evangelie nie, dit was mense wat dit werklik verstaan en geken het en hulle het die volle liggaam van die waarheid geken– “tes alatheias.”
’n Punt van Geen Terugkeer
“-- maar 'n verskriklike verwagting van oordeel en 'n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer. As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie; hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het? (Heb.10:27-29)
Neem kennis van die frase- “en die Gees van genade gesmaad hê.” Dit kan aanleiding gee tot op die punt waar hulle die Heilige Gees laster. ’n Ongeredde terug gevalle persoon kan ’n punt bereik waar hy die Heilige Gees laster. Dit is presies wat hier gesê word. Ons sal ’n paar draaie moet maak as ons wil sê dat dit met ongeredde mense te doen het.
“Katapateo”–“onder voete vertrap” “Koinos hegeomenos”– wat letterlik beteken om Jesus se Bloed te sien as iets gewoon, en die woord hier is- “enubrizo”– “insolence,” onbeskoftheid, om onbeskof te wees teenoor die Gees van God.
Ja, daar is ’n onvergeefbaie sonde. Hebreërs 6 en 10 verbind ons direk met ’n onvergeefbare terug gevalle persoon wat tot by die punt gekom het waar hy begin het om die Heilige Gees te laster. Hebreërs 6 praat van die moontlikheid van ‘n onbekeerde terug gevalle persoon om hierdie sonde te pleeg. Hebreërs 10 beklemtoon dieselfde punt en sê dit is wat gaan gebeur.
Daar is ’n punt van geen terugkeer. Gaan terug na die illustrasie van die pottebakker: Hy breek dit, doen dit oor, breek dit, doen dit oor maar uiteindelik gee tot die pottebakker op. Dit is nie in die Skrifte om iemand te ontmoedig nie, maar dit is om seker te maak dat ons verstaan waarin ons kan val en dat ons dit waarin God ons geroep het om te doen nie ligtelik sal opneem nie.
Dit is nie om af te skei van die Here nie, dit is nie “apostasia” nie, hierdie skeiding is om weg te draai van God se standaard af.
Die hele tema van Judas se brief is oor terug gevalle Christene in die kerk. Daar is net soveel terug gevalle mense in die kerk as buite die kerk. Die Skrifte sê dat ’n terug gevalle persoon in sy hart vol van sy eie dinge is. (Pred. 14:14).
Hebreërs 28: 10 sê dat dit vat “twee of drie getuienis” in die Wet van Moses om die doodstraf te bekragtig. Dit sal baie slegter gaan met diegene wat sê hulle is Christene omdat Israel nie dit gehad het wat ons het nie.
“Athetesas” beteken om te “skend.” “Dokeite”–“dink jy” in Grieks is dit hoogdrawend, om ’n retoriese vraag te vra beteken jy ken alreeds die antwoord. As dit is wat in die Wet van Moses gebeur het toe hulle nie eers Jesus gehad het nie, of die bloedoffer wat ons gehad het, as dit is wat gebeur het met mense wat dit onder die Tora gedoen het, wat dink ons gaan met ons gebeur as ons hierdie rigting inslaan? Hy gee vir ons ’n waarskuwing, maar hy los dit nie daar nie; hy begin om die nodigheid vir lydsaamheid te beklemtoon.
Vaste Vertroue in samewerking met Lydsaamheid.
“Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry.” (Heb. 10:36)
Hoe gaan ons volhard? Hou die reddingsbaadjie aan en hou aan swem. “O, maar ons is gered deur geloof deur genade!” Dit is waar, maar wat is geloof? Hebr. 11:1- “geloof” is die “hupostasis”—die “vaste vertroue van dinge wat ons hoop.” In die Bybel is hoop gelyk aan ‘n toekomstige feit.” Ek waarborg julle dat as ons aanhou om Jesus te volg dat sal ons Hemel toe gaan. Ek waarborg julle dat as julle nie die reddingsbaadjie uittrek nie dan sal julle nie verdrink nie. Dit is nie dat ek hoop dat ons nie sal verdrink nie, ek waarborg julle ons sal nie verdrink as ons die reddingsbaadjie aanhou nie. Ek waarborg julle dat as ons aanhou om Jesus te volg dan sal ons hemel toe gaan. Dit is die manier waarop jy verewig verseker kan wees van jou saligheid. Maar as dit nie so is nie dan speel ons met vuur. En daar is verseker sekere mense vandag wat met vuur speel.
Daar is nie ’n manier wat ons soos die Calviniste kan sê dit is net van toepassing op mense wat die Evangelie gehoor het en tot by ’n sekere stadium in hulle lewe gekom het en dan onttrek het. Dit is eenvoudig nie so nie. Jy het ’n “dorea.” Daar is geen manier dat ons kan sê dat dit net Joodse gelowiges is wat nie kan terugkeer na die Wet nie. Hier word gepraat van mense wat kan terugval, wat kan wegbeweeg van God se standaard. Hulle sal baie draaie met die teks moet maak in plaas van om die Skrif toe te laat om te sê wat dit beteken en beteken wat dit sê.
Toerekenbare Regverdigheid
Calviniste sal jou vertel dat regverdigheid toerekenbaar is, so ons sal moet verstaan wat toerekenbaar (imputation) beteken, dit is ’n interessante term.
“Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?” (Rom. 6:1–2)
Paulus verstaan dat toerekenbare regverdigheid misverstaan kan word.
Daar was mense in die Griekse kerke wat geglo het dat net die nuwe skepping saak maak en dit maak nie saak wat die ou skepping doen nie hulle kan maar aangaan en lewe soos hulle wil in die ou skepping en aangaan om te sondig en nog steeds gered wees. Kyk wat sê Paulus, hy skryf aan gelowiges. So, vir die wat glo aan ’n onvoorwaardelike eenmaal gered altyd gered idee” sal sê, “As hulle teruggaan en in sonde verval dan beteken dit hulle was nooit gered om mee te begin nie; hulle was nooit regtig weergebore om mee te begin nie. Hulle het ’n leë of ’n valse belydenis gemaak of hulle het ’n soortvan ondervinding gehad, maar hulle was nooit waarlik gered nie.
Dit beteken sekerlik nie Hebreërs 6 en sekerlik ook nie Hebreërs 10 nie. Kyk na die Verlore Seun (Luk. 15:11-32). Daar is verskeie verklarings. (Die rabbis sê ’n gelykenis kan tot 70 verskillende verklarings hê, veelvuldige verklarings) Een van die verklarings is die van ’n terug gevalle persoon. ’n Terug gevalle persoon sal eindig soos die Verlore Seun en in geloof en vernedering terugkeer na sy vader. Wanneer ’n terug gevalle terugkeer dan sal die Vader hom vergewe en hom terugneem, maar hy moet terugkeer. En wat sê die Vader? “Hierdie broer van jou was dood” (Luk. 15:32). Hy was dood! “Hoe is dit dan toegereken toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene.” (Rom. 4:10)
Kom ons kyk na die idee van toerekenbaarheid. In Romeine 4 gebruik Paulus die woord- “elogisthe.” Ons kry die woord toerekenbaarheid in die Latynse Vulgaat, “imputate.” Die Hebreeus is “chashab,” wat “reken” beteken.” Dit is nie asof dit regtig vir ons gegee is nie, maar het te doen met “dink”. God neem dit in berekening. Toe Jesus aan die kruis vir ons sondes gesterf het, het God Sy regverdigheid gevat en dit op ons gesit en ons sondes is op Hom geplaas. Alhoewel Hy geregverdig was, was ongeregtigheid aan die kruis aan Hom toegereken. En alhoewel ons ongeregverdig is, is Sy regverdigheid aan ons toegereken wanneer ons na die kruis toe gaan. Ja, geregtigheid is toerekenbaar, Abraham het in God geglo en dit is vir hom as geregtigheid toegereken (Gal. 3:6; Jak. 2:23).
Maar wat gebeur dan?. Ja, die Geregtigheid is toerekenbaar, maar nie die vrugte nie. Die vrug van die Gees kan nie toegereken word nie en die vrug van die Gees kan ook nie toegeskryf word nie. Ons is geroep om te bewys ons is Sy dissipels.
Oorwinnaars
“Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.” (Op.3:21–22)
Om hemel toe te gaan moet jy ’n oorwinnaar wees. Ons kan nie deur ons eie krag en ons eie geregtigheid oorwin nie; dit moet die geregtigheid en krag van Jesus wees. Hy doen dit vir ons. Ons kan nie oor die kanaal in ’n storm in ons eie krag swem nie, iemand moet vir ons ’n reddings baadjie gee, maar wanneer iemand vir ons die krag gee dan moet ons dit in werking stel. Net soos die voorbeeld van Donnie se vliegtuig.
Die hemel is vir die oorwinnaars, God sal vir ons die genade en die wil en ook dit wat ons nodig het gee om dit te doen, Hy gee ook vir ons ’n vrye wil om ’n keuse te maak. Toe ons tot redding gekom het, het die Here ons vrye wil vir ons terug gegee.
“Salig is die wat sy gebooie doen sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad. Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.” (Op. 22:14-15)
(“Geseënd is die wat hulle klere was.” (83 AV)
Daar is sommige mense wat hulle klere was, maar die Bybel praat van diegene wat hulle klere weer vuilmaak. Ons kan altyd teruggaan na die Bloed van die Lam en ons klere was, maar om die kleed uit te trek, figuurlik, is soos die jong man wat kaal geloop het toe hulle Jesus gevangene geneem is (Mark.14: 51-52). Toe verdrukking kom het hy weggehardloop en sy kleed van redding verloor.
Terug na die sewe kerke in Openbaring, Jesus sê: “--Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.” (Op. 2:11) Hier word gepraat van weergebore Christene, Jesus sê vir Christene dat as hulle oorwin sal hulle nie skade ly deur die tweede dood nie. Hier is dit duidelik dat daar ’n moontlikheid bestaan het dat hierdie mense verlore kon gaan.
“Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.” (Op. 3:5)
Jesus sê daar is mense wie se name uit die Boek van die Lewe uitgewis kan word. Die vraag is nou, hoe kan enige iemand logies verduidelik hoe ’n persoon se naam uit die Boek van die Lewe uitgewis kan word as sy naam nooit in die Boek van die Lewe geskrywe was nie?
Oproep om dinge Uit te Werk
“En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.” (Mat. 25:30) Ons het almal ’n sekere aantal talente ontvang wat altyd in lyn is met dit wat ons kan doen. (Mat. 25:15). Wanneer Jesus terugkeer dan het mense wat hulle talente begrawe het ’n probleem. Die wat die grootste belonings ontvang het sal belêers wees, maar Hy sal net tevrede wees met niks minder as mense wat wins draers is. Mense wat hulle talente begrawe het is mense wat teruggeval het; hulle beoefen ’n godsdiens in plaas van ware Christelikeid. As jy ’n lewende verhouding met Jesus het, dan sal Hy jou talente gebruik.
Vir baie jare het ek ’n gemeente in Israel gelei en ek was baie aktief in Evangelisasie, maar ek het ’n dag werkie gehad. Israel het ’n ses dae week. Dit was nie maklik om ‘n dag werkie en ’n familie en ’n bediening te behartig nie. Ek weet hoe moeilik dit is, maar ek het dit gedoen omdat God vir my die genade en ’n wil gee het om dit te kan doen. Daar is baie leiers wat op kansels sal opstaan en vir mense vertel wat hulle moet doen, so asof ons die feit moet ignoreer dat hulle betaal word om dit te doen.
Hulle weet nie wat dit beteken om na ’n kantoor toe te gaan nie, of om in die middel van die nag op te staan of om na ’n besigheid om te sien nie. Ek dank God vir al hierdie jare en jare toe ek ’n tentmaker was. As ek nie nodig gehad het om so baie rond te reis nie dan sou ek vandag nog ’n tentmaker wou wees. Ek sou graag ’n wêreldse werk wou gehad het maar wat dit op neerkom is om vrug te dra. Tot Paulus in die tronk was, was hy besig om die vrug te dra.
Leer die Les.
“Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see,” (1Kor. 10:1-2)
Wat Paulus hier doen is, hy gebruik die Eksodus ondervinding as ’n tipe om ons redding te verduidelik. Om uit Egipte te kom is om uit die wêreld te kom; Om deur die water te gaan is die doop ens. Die Eksodus is ’n beeld van ons redding.—“--en almal dieselfde geestelike spys geëet het, en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit 'n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus. Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn.
En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie. En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel. En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval.-- Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as 'n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom hê.” (1 Kor. 10:3-8,11)
Hierdie dinge het met die Hebreërs van ouds gebeur en is in die Bybel vir ons neergeskryf sodat ons nie dieselfde foute moet maak nie. Wat het hulle gedoen? Hulle het van die rots gedrink wat Christus was maar hulle was afgode dienaars en hulle was immoreel. Hoekom is ons gewaarsku om nie soos hulle te wees nie? Weereens, wat sê Openbaring 22:14-15? Buite is diegene wat immoreel is en afgode dienaars is, hulle gaan Hel toe. Dit is presies wat die Nuwe Testament sê.
Van Een Onderdrukking na die Ander.
Hoe mense uit die Bybel by hierdie on kondisionele “eenmaal gered altyd gered idee uitkom weet ek nie. Ek weet hoe hulle probeer om die leuens van die Roomse Katolieke teen te werk wat sê mense kan werk vir hulle redding. Mense word in gebondenheid gehou deur om te dink dat hulle verlore kan gaan omdat hulle ’n sogenaamde sonde tot die dood gepleeg het. Ek kan verstaan dat hulle probeer het om mense vry te maak van hierdie soort van onderdrukking. Maar wanneer hulle na die teenoorgestelde uiterste beweeg en beweer dat daar nie ’n keuse is om gered te word of nie, dan plaas hulle mense onder ’n nog swaarder onderdrukking.
Wanneer vir mense vertel word dat hulle nie ’n vrye wil het nie, dat Jesus nie hulle vrye teruggegee het toe hulle weergebore is nie en dit nie aanvaar kan word dat Hy hulle bemagtig het om ’n keuse te maak nie- as jy nie een van die Uitverkorenes is nie, dan gaan jy Hom nie kies nie, die resultaat hiervan is dat dit mense onder ’n nog swaarder onderdrukking plaas.
Nog meer, hulle lei mense om sonde te onderdruk omdat hulle ontken dat ons as herstelde gelowiges ’n vrye wil het wat ongeredde mense nie het om sonde te weerstaan nie. Jesus red ons nie in ons sonde nie, Hy red ons van ons sonde. Hy het nooit gekom om ons in ons sondes te red nie, Hy het gekom om ons van ons sondes te red.
Wanneer ons mense sien wat volhard in sonde en erken dat hulle in sonde lewe en dinge sê soos: “Ek gaan saam met hierdie ongeredde vrou bly lewe,” of-“Ek sal nie ophou om alkohol te misbruik nie.” “Ek sal bly lewe soos ek wil en ek sal nog steeds Sondae kerk toe gaan. Dit is mense wat nie gered is nie, hulle is verblind om te dink dat hulle in hierdie dinge gered is.
Sonder Heiligmaking sal geen mens God sien nie. (Eph. 1:4, 5:27; 1 Pet. 1:15). “Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?” (Jak. 2:20)
Om saam te vat
Klein Donnie se model vliegtuig is niks werd nie tensy hy dit uitwerk. Die lewens beskermer is nutteloos as jy dit nie aantrek en begin swem nie. Ja, dit is ’n gawe. Ja, dit is verniet. Ja, jy kan dit nie verdien nie. Ja, die Here doen iets vir ons wat ons nooit vir onsself kan doen nie.
Ja, Hy kies ons. Ja, Hy wys vir ons Sy onverdiende genade. Maar Hy gee vir ons die potensiaal terug om ’n keuse te maak wat ons nie gehad het nie.
Ons is dood, onmagtig om met God te praat en Hy verkwik ons. Hy gee vir ons genoeg lig van dit wat ons in die Val verloor het om Hom te sien as die Waarheid en die Redding. Dit is vir ons om te besluit om ag te gee op hierdie oproep. Dit is die balans.
Die idee dat ons nie in sonde gebore is nie, soos wat Palagius sê, is ketters. Charles Finney was ook deel van hierdie dwaling alhoewel hy erken het dat ons sonde het. Nee, ons almal het gesondig en ons kan nie God kies nie as gevolg van ons sonde, maar Hy tree tussenbeide in die Persoon van Jesus en Hy skep vir ons die moontlikheid om ’n keuse te maak wat ons nooit kon gemaak het nie.
Ons moet die keuse maak en wanneer ons die keuse gemaak het dan gee Hy ook vir ons die vermoë om dit uit te lewe, maar ons moet hierdie keuse maak. Ons het ons vrye wil verloor as gevolg van die Sondeval van die mens. Almal vanaf Adam het hulle vrye wil verloor en Jesus het gekom om dit terug te gee. Calvinisme ontken dit.
Met alle respek vir my Calvinistiese broeders, met alle respek vir die Hervormde kerke en al die baie dinge wat die Hervormde Christene gedoen het. Met alle respek vir die Pelgrim vaders en die Puriteinse vaders wat ek lief het, wanneer dit kom by ewige versekering, dan stem ek saam dat ons verewig in Christus verseker is. Maak net seker jy bly daarin.
God Seën †††
Jacob Prasch