Die Christus van Arminianisme.
Ek het hier ’n brief wat iemand vir my gestuur het (Die Christus van Arminianisme) en ek kon dit nie glo dat dit deur iemand gestuur was wat normaalweg nogal van my hou.
“Arminianisme” beteken jy glo nie aan ’n onvoorwaardelike “eenmaal gered, altyd gered” verklaring nie, dat Jesus net vir sekere mense gesterf het en dat Hy bereid is om enige persoon te aanvaar. Dit is Arminianisme in ’n neutedop.
Hier is wat hulle vir my gestuur het.
“Die Christus van Arminianisme is lief vir elke enkele persoon in die wêreld en verlang dat almal gered moet word.”
Dit is waar. Ek glo dat Christus lief is vir elke persoon in die wêreld en dat Hy wil hê dat almal gered moet word. Die Christus van die Bybel begeer nie net die redding van diegene wat God onvoorwaardelik gekies het nie. Hulle haal die verse aan wat dit kan bevestig maar ignoreer die verse wat dit kan balanseer.
“Die Christus van Arminianisme sal redding vir elke sondaar aanbied en alles in Sy mag doen om hulle tot redding te bring.” Ek glo dit.
“Sy offer en werke is soms frustrerend omdat baie nie wil inkom nie.”
Ek glo dit en dit klink skriftuurlik.
“Maar die Christus van die Bybel roep uitsluitlik die Uitverkorenes na Hom en bring net hulle tot redding. Nie een van hulle sal verlore gaan nie.”
En, weereens, hy verwys net na die verse wat sy punt ondersteun maar nie die verse wat dit balanseer nie.
“Die Christus van Arminianisme kan nie ’n sondaar nuut maak en red as hy nie eers Christus uit sy vrye wil gekies en aanvaar het nie, ’n sondaar se eie vrye wil sal ook nie deur Christus aangetas word nie.”
In werklikheid glo ware Armianisme dit nie; ons glo ons kan Christus aanvaar, Hy moet egter vir ons die krag gee om dit te kan doen.
“Alhoewel, die Christus van die Bybel sal die uitverkorenes, afgesonder van hulle keuse, soewerein nuut maak.” Met ander woorde ons het nie ‘n keuse nie?
“Die Christus van Arminianisme het aan die kruis vir elke persoon gesterf en dit moontlik gemaak dat enige persoon gered kan word. Die Christus van die Bybel het net vir God se uitverkore mense gesterf.”
Met ander woorde, al die ander mense was geskape om verewig Hel toe te gaan deur ’n soortvan oor gerealiseerde soort voorbeskikking. Die Bybel leer sekerlik dat God alle dinge vir ’n doel geskape het, ook die bose vir die dag van oordeel, maar Hy sal graag wou hê dat almal gered word.
“Die Christus van Arminianisme verloor baie wat Hy gered het.”
Jesus sê baie sal verlore gaan. (Mat. 24:10) En al gee Hy ‘n ewige sekuriteit soos wat sommige sê, is dit nie noodwendig gebaseer op Sy wil of op Sy werke nie, maar op die keuse van die sondaar.
“Die Christus van die Bybel bewaar Sy uitverkore mense.”
Die persoon vat dit saam deur om te sê dat mense, soos die meeste Pinkster en mense soos John Wesley nie dieselfde Jesus het nie, dieselfde Jesus as die Calviniste. George Whitfield was ‘n Calvinis, John Wesley was nie, maar hulle het nooit die soort teenbeskuldiging teen mekaar gehad waar hulle beweer dat die een of die ander ’n ander Jesus gehad het nie. Twee verskillende Jesus Christusse
Daar is mense wat so vêr gaan om te sê dat as iemand glo dat Jesus vir almal gesterf het en dat die Here enige persoon kan ontvang, ’n ander Jesus het. Dit word geken as “oordrewe Calvinisme” of “Hipper- Calvinisme”. Hierdie mense het so vêr met dit gegaan as om te sê dat as iemand nie saam met dit gaan nie dan kan daar nie gemeenskap met hulle wees nie. Heel dikwels is hulle dieselfde soort mense wat beweer dat as iemand ’n ander Bybel as die “Authorized Version” van die K.J. vertaling lees, dan kan daar ook nie gemeenskap wees nie.
Hierdie mense gaan verder en hulle kom by iets wat die Bybel “twissiek” noem. “Ons het dit reg en julle is verkeerd.”(1 Kor. 1:11-13). Ek word beskuldig daarvan, maar dit is nie waar nie. Ek staan altyd by die basiese dinge van die Bybel, as iemand wegdwaal van die basiese waarhede, as hulle in dinge betrokke raak wat die Woord van God sê verkeerd is, dan sal ek standpunt inneem.
Maar om af te skei oor ander dinge dink ek is verkeerd. Nie te min, kom ons verstaan die natuur van die skeiding- nie persoonlik skeiding nie, maar teologiese skeiding.